3 gesonde eetgewoontes vir skoolkinders

(Foto: pixabay)

Ouers het die verantwoordelikheid om hul kinders deur die lewe te lei en by te staan, en dit sluit in om hulle te leer om slim koskeuses te maak. Deur dit te doen sal dit kinders help met energie om deur lang skooldae te kom en om ʼn gesonde leefstyl te volg.

Hier is drie maklike wenke om jou kind vanjaar gesond skool toe te stuur.

  1. Begin die oggend met ʼn voedsame ontbyt

Navorsing toon dat ontbyt verstandelike prestasie, konsentrasie en goeie luim ʼn hupstoot kan gee. Kinders wat goed gevoed is voor skool vaar akademies beter omdat hulle beter kan konsentreer, ʼn beter korttermyngeheue het en meer probleemoplossingsvaardighede besit.

Mik daarvoor om vir jou kind ʼn ontbyt met ʼn lae glukemie- indeks (GI) voor te berei omdat lae-GI-kossoorte stadiger afgebreek word en jou kind vir langer energie kan gee. Probeer gerus roereier op lae-GI roosterbrood met groente of ʼn piesang.

  1. Laat die kosblik vir jou kind

Dit klink dalk kontra-intuïtief om jou kind sy/haar eie kosblik te laat pak, omdat hulle nie gesonde keuses sal maak nie. Dit is wel ʼn goeie manier om vir jou kind gesonde eetgewoontes aan te leer. Dit leer hulle ook om verantwoordelikheid en eienaarskap te aanvaar vir wat hulle inpak wat voedselvermorsing kan verminder.

Die sleutel tot sukses hier is om vir hulle keuses van kossoorte te gee, waarvan hulle een uit elke kategorie moet kies om hul kosblik te pak. Byvoorbeeld:

  1. 1 vrug (appel, piesang, druiwe, aarbeie, lemoen)
  2. 1 proteïen (hoender, hardgekookte eier, kaas)
  3. 1 stysel (lae-GI bruinbrood)
  4. 1 gesonde vet (neute, avokado, humus, grondboontjiebotter)
  5. 1 groente (komkommer, wortel, kersietamaties, blaarslaai)

3. Beperk verfynde suiker

Daar is baie kossoorte met verfynde, bygevoegde suiker wat leë kalorieë is wat jou kind nie nodig het nie. Suiker is reeds natuurlik beskikbaar in kos soos vrugte, groente, graan en suiwel, wat ʼn beter opsie vir jou kind is.

Dit beteken nie jy hoef suiker heeltemal uit jou kind se dieet te sny nie, maar wees op die uitkyk vir alternatiewe, of jy kan jou kind se suikerinname tot naweke beperk.

Futurlife se High Protein Lite-stafies is byvoorbeeld ʼn maklike alternatief vir ʼn sjokoladestafie en Futurelife se lae-GI bruinbrood is ʼn maklike, vinnige opsie vir ontbyt of kosblikke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.