Gee jou kind die voordeel van wêreldklas toekomsgerigte onderrig

Skermgreep uit die video

As ʼn ouer wil ʼn mens net die beste hê vir jou kind. Saam droom julle oor ʼn beroepstoekoms, ʼn gesonde en gebalanseerde gesinslewe, en ʼn hele rits ander “eendags”. Die realiteit is egter dat daardie “eendag” veel nader is as wat ʼn mens besef … en dat besluite wat jy vandag oor jou kind se skoolloopbaan neem, verreikende gevolge kan hê.

Die vraag is dus: Waar sien jy jóú kind in 2040?

Kom ons kyk na die feite: Die huidige skoolsisteem is nie gerat om leerders voor te berei vir die wêreld waarin hul moet funksioneer nie. Dink byvoorbeeld aan die konstante vooruitgang in tegnologie, vervoer, kommunikasie, en programmering. Dit inaggenome, is die gebrek aan vernuwing en transformasie binne leerstelsels angswekkend. Klaskamers berei ons kinders voor vir ʼn wêreld wat nie meer bestaan nie. G’n wonder werkloosheid, onder die jeug veral, sluit al hoe meer mense in wat skynbaar ʼn “goeie geleentheid” tot onderrig ontvang het nie.

Jy as ouer knik dalk jou kop, “Ek weet! Maar, is daar ander opsies? En kan ek dit bekostig?” Die goeie nuus is dat die antwoord op beide hierdie vrae ʼn besliste “ja” is.

MOS-Wêreldwyd se aanlyn tuisskool maak toekomsgerigte onderrig ʼn prioriteit én realiteit deur ʼn sekere manier van dink en doen by ons leerders te kweek. As span spits ons onsself toe om die ses belangrikste en wêreldwyd aanvaarde bevoegdhede daagliks deel van die leerproses te maak. Hierdie vaardighede word internasionaal erken as kritiese denke, kreatiwiteit, kommunikasie, saamwerk, burgerskap, en karakterbou. Die fokus is dus nie op ʼn spesifieke uitkoms nie, maar om deur hierdie vaardighede op ʼn onsekere toekoms voorbereid en toegerus te wees.

 

Die platform, wat wêreldwyd aanlyn beskikbaar is, maak gebruik van leermetodes wat op die nuutste navorsing geskoei is om lewenslange free learners te kweek en is beskikbaar vir graad 4- tot 11-leerders. Ons waarborg een-tot-een terugvoer, laat leerders toe om teen hul eie pas te leer, en rugsteun jou en jou kind met uiters bekwame leerbestuurders en vakkundiges. Aan die einde van hul skoolloopbaan lê leerders die IEB-eksaminering af. Boonop het jy slegs ʼn goeie rekenaar (met kamera en mikrofoon vir groepwerk), ʼn 10 Mbps- internetverbinding, en rugsteunkrag vir moontlike kragonderbrekings nodig om deel van hierdie aanlyn tuisskool te word.

Neem hande met MOS-Wêreldwyd om toekomsgerigte aanlyn leer ʼn realiteit te maak. Inskrywings by ons aanlyn tuisskool is nou oop vir 2022! Besoek https://www.moswereldwyd.co.za/ en maak vandag nog die keuse om toekomsgereedheid vir jou kind te kies!

Wat sê ons ouers?

Minette Bell, Potchefstroom

Wat ‘n verligting. My kinders kan kreatief wees en dinge leer wat jy nie by ‘n skool kan leer nie. Nou kan ons op hulle sport konsentreer en nog meer. My drie kinders geniet elke oomblik en het so handig geraak met die tegnologie.

Karleine Herbst, George

Die skoolwerk is baie netjies “verpak” in hanteerbare borrels of onderwerpe, wat die kind stimuleer om meer van die vak te wil weet. Die leerbestuurders se terugvoer is altyd positief en opbouend. Die MOS-sisteem werk, want die mense agter die sisteem is passievol en dink uit die boks uit!

Sarina van der Sandt, Memel

Ons is meer as tevrede met die MOS as tuisonderrigstelsel vir Matthys, gr.9. Die lesse word interessant aangebied en is uitdagend vir die leerders. Die leerbestuurders is hulpvaardig en skroom nie om te help as daar hulp nodig is nie. Baie dankie vir die inisiatief. Ek dink dis puik dat die kinders soveel lewensvaardighede aanleer wat hulle nie in hoofstroomskole sou leer nie. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.