Help, my kind skop teen sy AGHS-medikasie

Ouers kom voor ‘n kruispad te staan wanneer hul kind teen sy of haar AGHS-medikasie begin skop. (Foto: iStock)

Ouers met kinders wat aan aandaggebrek‑hiperaktiwiteitsindroom, oftewel AGHS, ly, kom dikwels voor ’n kruispad te staan wanneer die einste kind of tiener daarteen begin skop om hul AGHS-medikasie te neem.

In hierdie aflewering van Maroela Media se podsendingreeks oor AGHS vind ons by dr. Jerrie Bezuidenhout, psigiater en direkteur van mediese dienste by Vista‑kliniek, uit hoe ouers dit kan hanteer wanneer hul kinders ophou om hul medikasie te drink.

Skakel volgende week in vir die volgende episode van Maroela Media se podsendingreeks oor AGHS.

In dié episode gesels ons met Bezuidenhout oor opvoedkundiges wat opmerk dat ’n kind dalk moontlik AGHS het en ouers wat nie lekker vatplek aan dié idee kry nie.

  • Luister boaan die artikel na ʼn klankonderhoud met dr. Jerrie Bezuidenhout.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Twallie ·

Maar net my opinie, maar ek dink mense wil hul kinders te vinnig vol pille gestop, en besige kindertjies word te vinnig gediagnoseer met sogenaamde “AGHS” en word op medikasie grootgemaak.

Die feit dat ‘n kind daarteen sal skop, spreek boekdele, veral as dit by tieners kom.

My pa het vinnig ontslae geraak van my “AGHS” aanvalle toe ek ‘n kind was. LOL.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.