Het jy ʼn passie vir Afrikaans? Oorweeg dié loopbaan

Argieffoto (Foto: StartupStockPhotos/Pixabay)

Afrikaans is ʼn taal wat warm in die harte van ʼn diverse verskeidenheid Suid-Afrikaners klop – ʼn taal waarin ʼn mens sekere dinge net beter kan sê as in énige ander taal. Dit is ʼn taal waarin jy kan skryf, toneel speel en sing, waarin jy kan bou aan ʼn beter land vir jou mense, medelandsburgers en jou nageslag, maar ook ʼn taal waar rondom jy ʼn hoogs suksesvolle, vervullende loopbaan kan bou.

Dis juis waarom Virseker, die land se eerste en enigste trots-Afrikaanse versekeringsproduk, tans op soek is na jong, gematrikuleerde, dinamiese en Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners – wat ook ʼn diep passie vir die taal en sy enorme potensiaal het – om by hul spanne in Johannesburg en Kaapstad aan te sluit.

“Virseker is uiters passievol oor die belange van jeug en jong werkendes, want dis juis hier waar die voortbestaan van Afrikaans lê en die taal kan floreer. Ons het ʼn wye spektrum geleenthede beskikbaar vir jongmense wat graag ʼn nuwe, opwindende nuwe loopbaan wil aanpak,” sê Riaan Pretorius, woordvoerder van Virseker. “As jy so iemand is wat Afrikaans met trots praat, kuier, sing, dans en partytjie hou in Afrikaans, ʼn waardering het vir koel, varsgebekte nuutskeppings in Afrikaans en bereid is om aktief by te dra tot die volgehoue sukses van ʼn klasleidende produk, hoort jy beslis in hierdie span!”

Virseker is reeds vir meer as 11 jaar lank ʼn gewilde en alombekroonde naam in motor-, huis-, draagbare goedere- en gebouversekering, met ʼn wye reeks ondersteuningsdienste, wat Huisbystand, Padbystand, Vermaaklikheidsbystand, Traumabystand, Wegsleep-bystand, Regsbystand en Mediese bystand, tesame met die hoogs gewilde Gatsak-bonus, insluit.

Maar dis veel meer as nét eersteklas versekering in Afrikaans: Virseker, in samewerking met die Virseker Trust – wat steun op ʼn porsie van elke Virseker-polishouer se maandelikse premie – het tot op hede meer as R100 miljoen in Afrikaanse onderwys, tersiêre opvoedingsinstansies, kunste, sport en gemeenskapsondersteuning belê, wat onder andere die volgende insluit:

  • Afrikaans is Groot – een van die grootste Afrikaanse musiekvertonings in die land.
  • Akademia en Die Kampus Trust, waar Afrikaanse kapitaal help bou het aan ʼn wêreldklas Afrikaanse hoëronderwysinstelling wat sonder winsoogmerk funksioneer.
  • Die Solidariteit Helpende Hand studiefonds – ʼn geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studies moontlik maak deur middel van rentevrye studielenings.
  • Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) – ʼn nie-winsgewende organisasie met die doel om gehalte-onderwys meer bekostigbaar en toeganklik vir alle leerders in Suid-Afrika te maak.
  • Die WEET e-Naslaangids: Hierdie gids – ʼn digitale naslaanbron – verseker dat die nuwe generasie op skool toegang het tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans wat voldoen aan hul behoeftes vir skooltake en navorsing.
  • Die Afrikaanse Taalraad wat Afrikaans en al sy variëteite as taal van eenheid binne ʼn meertalige konteks bevorder.
  • Die Pionierskool vir Siggestremdes: Hierdie skool fokus sterk op toeganklikheid van lees- en leermateriaal vir blinde en swaksiende kinders en volwassenes.
  • Die Helpende Hand Noodfonds Josef Silo’s: Dié projek staan individue, gesinne, instansies en organisasies wat weens die Covid-19-pandemie in hongersnood verkeer by deur die voorsiening van kospakkies, maar gaan ook een stap verder deur mense te bemagtig om na hulself om te sien.

“Hierdie is ʼn span wat nie net Afrikaans praat en ʼn uitstekende produk en diens lewer nie, maar ʼn proaktiewe poging aanwend om die mag van Afrikaans in te span en ʼn positiewe, langdurige impak op ons land en sy mense te maak. As dit iets is waarby jy graag betrokke wil raak, sien ons uit om van jou te hoor,” sluit Pretorius af.

Kandidate wat graag wil aansoek doen kan hulle CV stuur aan James Sullivan by [email protected] voor of op 15 Desember 2022.

Die span van Virseker sal aansoeke in detail evalueer en met kandidate vir moontlike onderhoude in verbinding tree om moontlike loopbaanrigtings te bespreek.

  • Virseker is ʼn produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, ʼn gelisensieerde nie-lewensversekeraar en finansiëlediensverskaffer. Enige verwysing na “ons”, “deur” of “met” verwys na Auto & General.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.