Luister: Die toekoms van die grondslagfase

(Argieffoto: Maroela Media)

Vroeë kinderontwikkeling en die grondslagfase is in die onderwyssektor amper ʼn soort heilige plek. Dit is daardie eerste jare van kleuterskool en “grootskool” wat die grondslag van ons kinders se akademiese geletterdheid vorm.

Die uitwerking wat ʼn opvoeder en onderrigstrategieë op daardie jonges het, is groot.

In hierdie episode gesels die span aanbieders van die Podvoeding-reeks oor die toekoms van die grondslagfase met ʼn meesteronderwyseres en skoolhoof, Marietjie Havenga.

Ons gesels oor kinders wat hulle eie huiswerk uitdink sonder om eers gevra te word, oor hoe ons rapporte beter kan aanwend, oor die brandweer se rol by lesse, en vele meer. Kom luister na die volledige gesprek boaan hierdie teks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.