Luister: Vuurwapenveiligheid vir ouers

Foto slegs ter illustrasie. (Foto: Jarmoluk/Pixabay)

Daar was al soveel tragiese voorvalle, plaaslik en internasionaal, van kinders wat “per ongeluk” ʼn vuurwapen in die hande gekry het. Dit kan ouers en selfs grootouers laat wonder oor hoe veilig dit is om kinders en vuurwapens in een huis te hê.

Maroela Media het in hierdie aflewering van ons gesprekreeks oor vuurwapenveiligheid by Ian Cameron, ʼn kenner van gemeenskapsveiligheid, gaan hoor hoe ʼn mens vuurwapens veilig in jou huis kan berg terwyl daar kinders in die omtrek is.

Hy het aanlyn ingeskakel en verduidelik dat almal in ʼn huishouding tot groter veiligheidsaspekte kan help bydra.

  • Luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.
  • Luister hier na die gesprek waar Cameron verduidelik hoe jy die hele proses van bevoegdheidsertifikate en vuurwapenlisensies eenvoudiger kan maak.
  • Besoek Firearms.co.za vir meer inligting oor vuurwapenlisensies en ‑opleiding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.