Moeg vir die lewe in die stad? Dan is die Jong Stadsboer Veldskool vir jou

Ons ken almal die liedjie, “As ek moeg word vir die lewe in die stad” – as dit jý is, dan is die laaste gedeelte van die liedjie op jou van toepassing: volg die pad na Berchtesgaden se Jong Stadsboer Veldskool.

Ongeveer 200 km vanaf Pretoria en net ʼn entjie buite Vaalwater, in die hartjie van die Waterberge, sal jy ʼn besonderse Bosveldjuweel ontdek – Berchtesgaden Game Ranch and Lifestyle Farm. Uit ʼn liefde vir die natuur, die opbou en behou van Moeder Aarde en die  bewaring van fauna en flora word daar vir die afgelope vier jaar ʼn Jong Stadsboer Veldskool aangebied in God se skepping. Alle graad 8-11 skoliere is meer as welkom om hulleself te kom vind in die natuur en die plaaslewe waarna almal hunker.

Berchtesgaden Game Ranch sal die tuiste wees waar die kennis van wild en natuur en wat daarmee gepaardgaan, gevind sal word. Berchtesgaden Lewenstyl Boerplaas sal jou leer van tradisionele boerdery met vee en gewasse. Het jy al ʼn blikbeker warm melk reguit vanuit Trixie se spene gedrink of warm beesmis opgetel en tussen jou vingers gedruk dat dit uitpeul?

Baie van julle sal hierna net wil boer, ander vind inspirasie, maar elkeen verlaat die Bosveld met ʼn magdom kennis van die natuur- en dierelewe, lewensvaardighede, leierskap en baie algemene kennis van hoe om jou te hanteer en te oorleef en bewaring toe te pas. Jy kan uitsien na kontak op verskillende vlakke met die wildsbokke, melkkoeie, kallers, skape en lammers, varke, hoenders en boerbokke. Daar mag dalk selfs weer hanslammers wees wat hulle daaglikse melk uit jou hand gaan drink. Ons plaas ook baie klem op die plantegroei van die omgewing, die belangrikheid van voeding vir die diere, die gevaar van sekere plante en die beskerming van die natuur. Aktiwiteite wat waarskynlik in ʼn skoolkoffertjie sal pas, word aangebied tussen die wildsplaas en die boerplaas waar nie net kennis oorgedra word nie, maar ook interaksie met die diere en natuur. Elke aand kan jy uitsien na ʼn lekker nagrus, want ons gaan jou besig hou!

Alles gaan ook nie net om boerdery nie: sterrekuns, nagwaak wanneer jy in die bos gaan uitslaap, vuurmaak sonder die tradisionele vuurhoutjie anders is daar nie koffie nie, swem en vlotbou op die plaasdam en vele meer sal jou uitgeput laat elke aand. Ná ʼn deeglike dag se werk en pret op hetsy die boerplaas tussen melkbeeste, skape, hoenders, varke en boerbokke of op die wildsplaas self, sal jy terugkeer na die saligheid van die lodge waar jy die Bosveld se stilte en naglewe sal ervaar. Dit sal ook hier wees waar jy sal smul aan die maaltye – want ʼn boer moet ook eet!

(Foto: Berchtesgaden)

Akkreditasie? Hierdie wye kurrikulum is voorberei en geniet gereelde bywerking deur ʼn bekwame span van leiers. Elke jong stadsboer ontvang praktiese kennis wat hy of sy kan saamneem huis toe (as jy wil teruggaan) en uitleef, al is dit vir tyd en wyl net in die agterplaas.

Indien jou kind oorborrel van energie, ʼn passie het vir die natuur, ʼn liefde het vir breë boerderybegrip en mal is oor die buitelewe met al sy avonture, sal hierdie week jou kind soos ʼn handskoen pas.

Daar is min geleenthede waar ons die jeug blootstelling aan die natuur kan gee en die werklike plaaslewe eerstehands te kan ervaar. Hierdie Jong Stadsboer Veldskool bied hulle die geleentheid en verryk jou kind se kennis oor die lewe buite die stad.

Kontak ons gerus deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected] of skakel of stuur ʼn WhatsApp na 083 250 7989.

As jy wil inskryf, doen dit hier.

Besoek die webblad van Berchtesgaden asook die Facebook-bladsye van die Wildsplaas en Leefstylboerplaas waar jy jou tyd gaan spandeer. Onthou om “like” te klik op die bladsye om altyd die jongste nuus te ontvang.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.