Word ʼn versorger met dié kursus

(Foto verskaf deur Helpende Hand se Opleidingsinstituut)

Wil jy ‘n versorger word? Om ‘n versorger te wees, is nie net ‘n beroep nie, maar ‘n roeping.

Dit verg dat jy jou naaste met liefde sal dien, met jou hande sal versorg, met jou kennis sal help, en met jou bystand sal troos.

Op 15 Mei 2024 begin ‘n groep studente met die kursus in versorging by Solidariteit Helpende Hand se Opleidingsinstituut in Pretoria, en jy kan een van hulle wees!

Dié QCTO-geakkrediteerde versorgingskursus duur ses maande en bestaan uit teoretiese modules wat by die Opleidingsinstituut se Pretoria-kampus aangebied word, praktiese sessies in ‘n simulasie-laboratorium en indiensopleiding by geïdentifiseerde instellings in die omgewing. Na afloop van die kursus kan jy as tuisversorger of versorgingshulp deur tehuise of residensiële instansies in diens geneem word of privaat werk onderneem.

Die Opleidingsinstituut bied ook buitekurrikulêre modules aan wat studente nodig het om gehaltesorg en persoonlike ontwikkeling te verseker. Dit sluit in kommunikasievaardighede, konflikhantering en veiligheidsmaatreëls.

Afgestudeerde studente getuig soos volg oor die positiewe uitwerking wat die opleiding op hulle gehad het:

  • Die kursus het vir my nuwe deure oopgemaak en dit beteken dat ek ‘n goeie beroep kan betree. Gedurende die kursus het ek as mens ook ontwikkel en geleer waar om my vaardighede toe te pas. Ek het gedurende die opleiding mense ontmoet wat my gehelp het om ‘n beter mens te word,” sê Charlotte Ferreira.
  • “Die kursus het baie vir my beteken. Ek het ‘n verskil in iemand anders se lewe gemaak en langs die pad het ek ook lewenslange vriende gemaak. Die positiefste ding wat ek ervaar het, was die vreugde wat die ouer mensies ervaar wanneer hulle ‘n mens sien en die liefde wat hulle het om te gee,” sê Buys.
  • “Die kursus het my bewus gemaak van ander mense in my gemeenskap se behoeftes en hoe ek ‘n verskil in hul lewe kan maak. Dit het my as persoon ook laat groei. Ek het nou meer selfvertroue en my kommunikasievaardighede en uithouvermoë het ook verbeter,” sê Enrike Lambrechts.

Die versorgingskursus kos R11 500. Die Solidariteit Helpende Hand Studietrust stel ‘n beperkte aantal rentevrye studielenings beskikbaar vir kandidate wat tot die kursus toegelaat is, maar dit nie kan bekostig nie. Aansoeke vir die kursus sluit op 14 April 2024.

Indien jy jou roeping wil uitleef deur ander te versorg, skryf nóú in deur ‘n e-pos te stuur na [email protected] of besoek ons by www.helpendehandopleiding.co.za.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.