Kom vier lente in die Franse Alpe

(Foto: Verskaf)

Mense regoor die wêreld verlang al meer na ervarings wat hulle buite hul gemaksone neem. Dit moet iets waarlik buitengewoons en opwindend wees en dit maak dat magiese bestemmings, soos die Franse Alpe, al meer gewild word as ʼn voorkeurvakansiebestemming deur bekende gesigte, soos Kefilwe Mabote, Tendai ‘The Beast’ Mtawarira en Jo-Ann Strauss, wat onlangs daar gaan ontspan het.

Ski is nie noodwendig ʼn aktiwiteit wat geweldig bekend is onder Suid-Afrikaners nie. Die kans is groot dat talle Suid-Afrikaners nog nooit gaan ski het of dit eers as ʼn vakansieaktiwiteit oorweeg het nie.

Dit is egter beide makliker en lekkerder om te gaan ski as wat Suid-Afrikaners besef. Daar is soveel opsies wat die Franse Alpe nog meer aanloklik as ʼn vakansiebestemming maak, byvoorbeeld die seisoen. Die Europese sneeu-seisoen is eintlik net vyf-maande lank, wat beteken dit kan ʼn moeilike besluit wees oor wanneer die beste tyd is om ʼn sneeu-avontuur aan te durf.

Club Med het verduidelik waarom soveel Suid-Afrikaners deesdae besluit om hul sneeuvakansies in die Europese lentetyd – aan die einde van Maart en begin van April – te neem en hoekom jy dieselfde moet doen.

Gee my die sonskyn

Suid-Afrikaners is mal daaroor om hul tyd in die son deur te bring en is gelukkig om dit in hulle eie land amper reg deur die jaar te kan beleef. Wanneer Suid-Afrikaners dus met vakansie gaan, selfs in die Franse Alpe, is hul dikwels nog steeds opsoek na sonskyn. Die goeie nuus is dat vakansiegangers tydens Maart en April, soos wat die Europese winter oorgaan in lentetyd, beide sneeu en son kan ervaar. Die lente is die ideale tyd om die Alpe te besoek vir mense wat nie noodwendig snerpende koue winde en swaar sneeu sou waardeer nie. Wanneer die son helder skyn oor die Alpe, beteken dit ook langer dae, wat veroorsaak dat vakansiegangers meer tyd op die ski-hellings kan deurbring. Dit is ook ʼn heerlike tyd om die asemrowende en idilliese Franse platteland te sien of sommer net om te ontspan buite ʼn bistro vanwaar jy die wêreld kan dophou.

Tydens die lente kan die temperature oor die Franse Alpe soms heerlik warm wees, wat aan die eenkant die gehalte van die sneeu nadelig kan beïnvloed. Aan die ander kant sal besoekers nog altyd steeds wonderlike plekke kan vind waar hulle steeds heerlik kan ski. Dikwels kan daar in dié tyd selfs nog plek-plek swaar sneeuval verwag word.

(Foto: Verskaf)

Reiswenke:

Vir gewaarborgde goeie sneeu, kies ski-oorde wat hoër bo seespieël geleë is. In ʼn jaar waar daar goeie sneeuval is, kan ski-roetes wat laer geleë is ook plekke wees waar goeie kraakvars poeier-sneeu kan voorkom.

Weg van die massas

Sneeu-vakansies is altyd immer gewild onder internasionale toeriste wat dit tot gevolg het dat ski-oorde in die Franse, Switserse en Italiaanse Alpe gedurende die hoogseisoen, gewoonlik propvol ywerige skiërs en sneeubordryers kan wees. Dit beteken gewoonlik lang wagtye by hysbakke vir die skiërs en oorvol ski-roetes. Tydens die lente ski-seisoen, kan Suid-Afrikaners heelwat minder stampvol ski-roetes geniet, omdat die meeste Europese gesinne en vakansiegangers dan terug is skool of werk toe. Dié seisoen vind gewoonlik groter aanklank by besoekers wat vir die eerste keer gaan ski en hulle nuutgevonde ski-vaardighede in vrede kan beoefen. In die lente kan nuwelinge gewoonlik hul voete vind op ʼn kalmer en rustiger roete, sonder om oorweldig te word deur ʼn skare ervare skiërs en sneeubordryers wat verby hulle jaag.

Makliker, goedkoper vakansies

Vir voornemende skiërs kan die ervaring soms moeilik lyk maar daar is gelukkig ʼn antwoord; Club Med. Wanneer dit kom by vakansie hou waar al die moeite uitgehaal is, is die internasionale en welbekende Club Med met sy bekende alles-in-een-prys-ingesluit-produk, sonder enige twyfel, die voorloper en baanbreker.

Dit is goeie nuus vir Suid-Afrikaners wat gebuk gaan onder toenemende inflasiedruk en stygende lewenskostes. Suid-Afrikaners word al meer kostebewus en soek altyd vakansiepakkette wat uitstekende waarde vir geld bied.

Soos met enige kooppatroon, is hulle bewus dat indien jy geld wil spaar, dit raadsaam is om vir vakansies (of enige ander aanbiedinge) buite-seisoen te soek. Wanneer ʼn mens na ʼn sneeuvakansie kyk, help dit verseker om jou vakansie buite die hoogseisoen te neem.

Daar is eenvoudig minder aanvraag en aansienlik laer pryse is gewoonlik beskikbaar. Dit is ook waar vir vliegkaartjies, verblyf, etes en elke ander aspek van reis. Suid-Afrikaners kan ook meer bespaar wanneer hulle vakansies bespreek vir die skouer-seisoen – die tydperk tussen die hoog-en laagseisoen.

Indien jy ʼn nuweling-skiër is, spaar jouself die bykomende stres en ongerief en belê in ʼn alles-ingesluit-vakansie. Dit gee die gemoedsrus om te weet alles vir jou eerste sneeuvakansie is uitgesorteer.

Daarmee saam vergemaklik Club Med ook besoekers se aankoms by die oord deur vooraf skipasse te registreer en seker te maak gehuurde ski-toerusting is reeds gereed, in jou eie sluitkas! Club Med ski-pakkette sluit ski- (of sneeubord-) klasse met top instrukteurs in, vir alle vlakke van besoekers aan die Alpe. Nie-skiërs kan terselfdertyd ander aktiwiteite geniet soos swem in onderdakverhitteswembaddens, joga en unieke wêreldklasvermaak.

As jy reis as ʼn gesin met klein kinders, is daar beswaarlik ʼn beter vakansiediens as Club Med se kinderklub. Club Med se geriewe sluit ʼn kinderoppasdiens deur gekwalifiseerde kinderoppassers in, wat na kinders, vanaf so jonk soos vier maande, kan omsien. Dit maak dit moontlik vir ouers om nog meer genot te put uit hul ski-ervaring.

(Foto: Verskaf)

Loer na hierdie handige vakansiebeplanner en begin dadelik werk maak daarvan om jou volgende sneeu-avontuur vandag te reël. Geniet ʼn lewensverrykende ervaring in die manjifieke Franse Alpe, en hoekom dan nie in die Europese in die lente nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.