LekkeSlaap stel lojaliteitsprogram bekend

Blouhuisie (Foto: LekkeSlaap)

LekkeSlaap stel met trots sy nuwe lojaliteitsprogram LekkePlus bekend. LekkeSlaap se mees lojale kliënte sal met LekkePlus toegang tot eksklusiewe voordele hê, insluitend spesiale afslagtariewe en gereelde geskenkbewyse, om die besprekingsproses selfs nog meer verbruikersvriendelik te maak.

“As daar één les is wat 2020 en die Covid-19-pandemie ons geleer het, is dit dat ons waarde by lojale kliënte lê wat ons en ons instansies tydens dié moeilike jaar ondersteun het,” sê Gerriline Fouché, bemarkingsbestuurder by LekkeSlaap.

“Ons glo dat daar nie ʼn beter manier is om dankbaarheid aan die lojale kliënte te toon wat gehelp het om ons instansies deur die moeilike tyd te dra nie.”

Alle LekkeSlaap-gebruikers wat drie of meer LekkeSlaap-wegbreke gedurende ’n tydperk van agtien maande geniet, sal outomaties ’n gratis LekkePlus-lidmaatskap vir een jaar ontvang.

LekkePlus-lede ontvang 20%-afslag op hul verblyf by al LekkeSlaap se voorkeurvennote. Dié vennote is top-instansies wat sorgvuldig gekies is op grond van goeie resensies, ʼn hoë aantal besprekings en vinnige reaksie op navrae. Die ooreenkomste spruit uit ʼn vertrouensverhouding wat mettertyd opgebou is.

‘n Skermskoot van LekkePlus-lede se voordele soos wat dit op LekkeSlaap se webwerf verskyn

Om nuwe lede by die program te verwelkom, ontvang alle LekkePlus-lede ook ’n geskenkbewys om by enige van LekkeSlaap se voorkeurvennote te gebruik.

LekkeSlaap werk voortdurend saam met hul vennote om ‘n eksklusiewe besprekingservaring vir LekkePlus-lede te skep. Die maatskappy stel boonop self ‘n aansienlike bedrag van sy eie fondse beskikbaar om gereeld geskenkbewyse aan LekkePlus-lede beskikbaar te stel. Met die bekendstelling van die program bied LekkeSlaap reeds ses miljoen rand se geskenkbewyse aan lede.

LekkeSlaap verwag om die program verder te ontwikkel om selfs meer eksklusiewe voordele aan LekkePlus-lede te bied.

Fouché beskou die lojaliteitsprogram as ʼn langtermynbelegging waarby talle party sal baat.

“Reisigers waardeer nou meer as ooit goeie waarde vir hul geld. Ons sien die bekendstelling van hierdie ongelooflike program nie net as ‘n groot voordeel vir reisigers wat LekkeSlaap as hul reismaat kies nie, maar ook as ‘n langtermynbelegging in die groei van die plaaslike reisbedryf.”

Besoek LekkeSlaap se webwerf om meer oor die LekkePlus-lojaliteitsprogram te wete te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danny ·

Dit is nou ‘n Lekke-prys vir Lekke-lojaliteit! Dankie #LekkeSlaap !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.