Handwerk: ’n Nuwe blaadjie vir porseleinbordjies

(Foto: Met vergunning van Idees-tydskrif.)

Gebruik gebreekte porseleinbordjies om ʼn ou skinkbord se blad met mosaïekwerk te versier.

Dit is ʼn mooi maar eenvoudige projek wat jy sommer maklik in een naweek kan voltooi.

Hier is ʼn paar wenke van A Crafty Mix vir wanneer jy mosaïekwerk doen:

  • Vind die regte prentjie. Een met eenvoudige lyntekening en ontwerpe werk gewoonlik die beste.
  • Jy kan enige medium gebruik in jou mosaïekwerk so lank dit kan plak en dit duursaam genoeg is om die voegbry te weerstaan. Doen ʼn toets deur ʼn halwe teelepel van die voegbry met water te meng en dit oor die porselein te vryf. As dit nie ʼn lagie wegskraap nie, kan jy dit gebruik. Jy kan hierdie toets op krale en enige ander teëls ook doen wat jy in jou ontwerp wil gebruik.
  • Oorweeg dit om swart voegbry te gebruik – dit is dramaties en help om die teëls en porseleinstukke se kleure te beklemtoon.
  • Onthou om jou oortollige voegbry so vinnig as moontlik te verwyder, maar as jy die bry te lank laat staan het, kan jy staalwol en warm seepwater gebruik om dit saggies van jou mosaïekwerk te verwyder.
  • Hou ʼn plastiekhouer byderhand om die skerwe op te vang van gesnyde teëls en porselein en stoor die oorblywende stukkies volgens kleur saam in deursigtige plastieksakkies vir ander projekte. Stukke wat kleiner as ½ cm is, kan weggegooi word. Die klein stukke spring gewoonlik uit wanneer die voegbry ingesit word omdat hulle te klein is om behoorlik vas te plak.
  • Jy kan ʼn hardemetaal-mosaïeksnyer gebruik vir glasteëls, keramiekteëls, pottebakkerswerk, porselein en ander breekware.
  • Laat jou kreatiwiteit oorneem. Moenie toelaat dat die teël-perfeksionis in jou oorneem nie. Dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, jou teëls gaan nooit perfek pas nie. Jy kan ʼn nie-permanente merker gebruik om jou met die paswerk te help, maar dit is amper of die teëls en stukke hulle eie gedagtes het oor waar en hoe hulle wil inpas. Onthou, die foute in jou mosaïekwerk maat dit uniek en besonders.

Idees het dié projek spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se September/Oktober 2019-uitgawe verskyn.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.