Gedagte vir die dag: Daar kom ’n tyd …

koring_somer_son_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Lees Jesaja 2:1-5

Kom, volk van Jakob, laat ons lewe in die lig wat van die Here af kom. (Jesaja 2:5)

“Daar kom ’n tyd …”

Só begin Jesaja hierdie profesie. En is dit nie die mees troostende woorde wat gelowiges maar kan hoor nie? Daar kom ’n tyd wanneer hierdie tyd verbygegaan het. Die Engelse sê mos: “This too shall pass …”

Vir die ou volk moes dit soos musiek in die ore geklink het. Hulle is allerlei planne aan ’t beraam ten einde staande te probeer bly in ’n vyandige omgewing waar die bedreiging ál nader kom. En hier sê hul profeet hulle moet tog nie in hul desperaatheid allerlei dom dinge aanvang nie; daar kom ’n tyd dat die Here se woonplek die ander nasies sal nader trek. Hulle sal sê: Kom ons gaan leer wat die wil van die Here is (vgl. v. 2-3).

Daar kom ’n tyd wat ’n nuwe vrede sal bring: Swaarde sal ploegskare word en spiese snoeiskêre. ’n Ongehoorde, ongekende tyd. Dit is die tyd van die groot lig wat van die Here af straal.

Kom! sê die profeet vir sy mense. Kom ons gaan leef in daar- die lig!

Die ou volk se tye en omstandighede was anders as ons s’n. Ook hul indertydse idee van God se lig verskil waarskynlik baie van ons s’n. Ons weet nou dat God se lig met ’n hoofletter geskryf word. Hoe kan dit anders as die Evangelieskrywer Johannes in sy eerste hoofstuk hierdie lig wat van God af kom met ’n baie belangrike Persoon in verband bring? (vgl. Joh 1:9). En as Laasgenoemde dit boonop van Homself sê? (vgl. Joh 8:12).

Ja, die troosbelofte aan die ou volk kry ’n veel ryker betekenis vir mense wat die adventstyd vandag binnegaan. Mense wat weet die tyd het toe gekom.

Ons aanbid U, Wonderlig uit Betlehem!

Bron: Uit die Beek 2019 deur Barend Vos
Uitgewer: Lux Verbi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat ons ons hoop op U die Lig van die wereld kan rig…..net genade…Amen

Derek ·

Wanneer die Lig nie skyn in ons lewens dan word n land soos Suid Afrika. Wanneer n land godsdiens aanbid dan lyk n land soos Suid Afrika. Boeke is godsdiens en wanneer mense dink hulle is godjies dan neem die duisternis oor want in die mense is geen lig nie, die Lig is God. Wanneer jy die Lig, Jesus Christus verwerp word jy verwerp en staan jy onder die oordeel van God. Dit is juis hoekom die mens uit die tuin verwyder is, die satan se leuens, daarom is God, die Skepper spyt Hy het die mens gemaak. Die satan deur Christus beskryf in Matheus 16 en hulle is elke dag rondom ons en tussen ons. Gelukkig sal hulle hul loon kry en sal hulle nie weer saam met ons wees nie, want in die nuwe Jerusalem sal daar geen tempel wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.