Gedagte vir die dag: Die Christus van vandag

arms_uitgestrek_berg_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Matteus 28:20)

Dis ’n bemoedigende wete dat Christus vandag nog aktief is in die mens se wel en weë.

Hierdie handelinge van Christus kan alleen waargeneem word waar daar volgelinge van Hom is wat volkome aan Hom oorgegee en toegewy is. As jou geloof uitsluitlik op die geskrewe Woord berus, sal jy nooit die krag ken wat sy lewende teenwoordigheid in jou lewe vrystel nie.

Die Heilige Gees is God se gawe aan al sy gelowige kinders. As jy hierdie wondergawe in jou lewe aanvaar, word Christus se teenwoordigheid ’n heerlike werklikheid. Dan word Christus “Immanuel”: die Christus van nou en hier. Die Christus van “vandag” en elke dag tot aan die voleinding van die wêreld.

Verlosser, ek stel my lewe wyd oop vir u Heilige Gees sodat U vir my ’n voortdurende en heerlike werklikheid kan wees. Amen

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen!

Willie ·

Baie dankie Vader vir U Heilige Gees, ons grootste Kersgeskenk!!

Johan Grobler ·

Hoe kan jou geloof op ENIGE iets anders berus as “uitsluitlik op die Geskrewe Woord , die Bybel” alleen? Dis juis dan wanneer jy die volle krag van God in jou lewe sal ervaar. Of dink die skrywer dat die Heilige Gees buite die Skrif optree?

OWO ·

@Johan Grobler.Ek vermoed die skrywer bedoel dat indien jou geloof net bly by die lees van die geskrewe woord,jy dan nie die volle krag van die geloof en die Heilige Gees in jou lewe sal ervaar nie.Die Heilige Gees is immers die praktiese demonstrasie van Jesus se karakter in ons lewens,en daardie karakter is die Vrug van die Gees.Gal 5:22.Dit moet elke dag deel van ons lewens wees.Die Vrug wat die Gees dra,elke dag.Sterkte.

Jaco ·

Baie dankie aan MM vir die daaglikse inspirasie wat ek ontvang deur die “gedagte vir die dag”
ek dank die Verlosser wat die Heilige Gees in my laat werk

Cauin ·

ll Petrus 2:2 , terwille van sulkes sal die weg van die waarheid gelaster word

Hallelujah ·

Kom in my in asseblief my Heiige Gees – ek soek U leiding nou in my lewe. Ek is op ‘n dwarrelpad en ek weet nie wat om met my lewe te doen nie. Help my my God. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.