Gedagte vir die dag: God beskerm jou

hand_stiltetyd_jackson-david_pixabay.jpg

Foto: Jackson David, pixabay.com

Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle. (Psalm 34:8)

In die Ou Testament lees ons keer op keer hoe God sy kinders bewaar en hulle uit gevare gered het. As hulle in die nood was, was Hy daar om hulle te help.

God is vandag nog daar om sy kinders te beskerm. God weet van elke krisis en behoefte in jou lewe. In sulke tye slaan Hy ’n laer op rondom jou om jou te beskerm. Vra gerus sy hulp wanneer jy dit nodig kry.

Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. ~ Psalm 91:11

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.