Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jesaja 43:1)
Die profeet Jesaja het ’n vreugdeboodskap vir God se kinders: hulle kan hulle vrese met vertroue by Hom aflewer en dit net daar los sodat hulle loshande deur die lewe kan loop. Die God wat hulle aanbid, het hulle verlos. Hy het hulle op hulle naam geroep, hulle behoort aan Hom vir tyd en ewigheid.
Jy het hierdie Verlosser elke dag by jou: deur sy Heilige Gees woon Hy in jou, beskerm en help Hy jou.
Die Here dink goed om in die nag te kom. Moet dan die nag nie vrees nie. ~ Heinrich Jung-Schilling