ToekomsVenster: Wonderbare Raadsman

Foto: Heather Mount/Unsplash

God deur die Heilige Gees is die bron van alle wysheid. Ons wêreld word meermale deur dwaasheid gekenmerk. Wie egter bid vir wysheid ontdek ʼn wonderlike bron van Waarheid.

Paulus vertel van die ontberinge wat Christene verduur terwille van die Evangelie.

In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie. Paulus het Christus as Wonderbare Raadsman ontdek. – 2 Korintiërs 4:8

Die sogenaamde wysheid van die wêreld staan teenoor die wysheid van God.

Menslike wysheid bied nie oplossings vir die uitdagings van ons wêreld nie. Hoe dikwels bid ons nie vir wysheid maar doen dan in elk geval soos ons goeddink nie.

Die Spreuke digter het baie oor wysheid te sê.

  • Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig. – Spreuke 2:6
  • Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: – Spreuke 3:7
  • Die wysheid gee met die een hand ‘n lang lewe en met die ander rykdom en eer. – Spreuke 3:16
  • Die wysheid bring ‘n ryk en ‘n vol lewe. – Spreuke 3:17

Ook die Psalmdigter laat hom uit oor die wysheid

Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand. – Psalms 111:10

Het jy raad nodig? Hy is die Wonderbare Raadsman wat onvoorwaardelike insig het. Laat Hy jou lei met sy wysheid. Maak ruimte vir die Wonderbare Raadsman in jou lewe.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frieda ·

Maak my stil dat ek U stem kan hoor en my lig laat skyn. Dankie dat U in ons lewens is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.