
‘n Kunstenaarsvoorstelling (Foto: The Guardian)
Dr. Joseph Nuth, ʼn senior Nasa-wetenskaplike, het Maandag tydens ʼn konferensie in Amerika gesê die aarde is nie voorbereid op ʼn komeet wat hom moontlik kan tref nie.
Nuth het by die jaarlikse American Geophysical Union-konferensie, waar wetenskaplikes praat oor hoe die aarde beskerm kan word teen kosmiese gevare soos komete, gesê teen die tyd dat ʼn komeet, wat die aarde kan tref, ontdek word, is dit reeds te laat om aan ʼn ruimtetuig te begin bou wat die bedreiging van koers kan dwing.
Hy het daarop gewys asteroïde se bane is gewoonlik taamlik sirkelvormig en hul spoed redelik konstant en baie komete se bane is reeds bekend.
Komete se spoed neem egter toe hoe nader dit aan die son en dus ook die aarde kom en daarom is ʼn komeet-ontdekking gewoonlik onverwags en is dit te laat om iets daaraan te doen.
Nuth het verwys na die komeet, Siding Spring, wat Mars met ʼn haarbreedte gemis het en slegs 22 maande tevore ontdek is. Hy het gesê die komeet kon “net sowel die aarde getref het”.
Hy sê die enigste oplossing vir dié moontlike probleem, is om twee ruimtetuie te bou: een ʼn verkenner en die ander met ʼn deflektor. Die verkenner gaan vooruit en bepaal die grootte van die komeet, die omwentelings en ander faktore, sodat die deflektor uiteindelik op die doeltreffendste wyse ingespan kan word.
Een só moontlikheid is om ʼn kernbom naby die komeet te laat ontplof, wat ʼn deel sal laat verdamp. Die vrygestelde gas op die oorblywende deel werk dan soos vuurpyle en stu die komeet weg.
Bron: The Guardian
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Sal dit nie makliker, goedkoper en minder gevaarlik wees om net te bid vir bewaring nie? Tot nou toe staan die aarde se pilare nog stewig en ons groet die dag met al sy skade en skandes met hulp van Bo? Moet ons ons nou op Nasa verlaat om te verseker dat ons veilig is? Dit sal ‘n lekker geldmaak-projek wees… so op vrees gebou…
Gaan die regte kant verdamp en gaan die “vuurpyle” in die regte rigting wys?
Ag nee wat, los maar.
Is ons in beheer van die heelal?
Die aarde sal vergaan deur vuur………so sê die skrif. Maar hoe en deur wat…….wie sal nou weet?
Is daar een oppad?