Hiermee ʼn voorsmakie van Klipkouers se onderhoud met Rohan Vos, stigter van Rovos Rail, wie se treine van die luuksste ter wêreld is.
Watter ander onderneming of bedryf is vir jou interessant of ongewoon?
Ek het ʼn paar rand in die lugvaartbedryf verloor en baie mense sê vir jou as jy ʼn miljoen wil maak moet jy miljoene hê om te verloor voor jy met iets kan begin. Maar ek sou sê ek hou van bou: Die argitektuur van ʼn gebou is vir my baie interessant. As ek ʼn keuse kon hê vir ʼn lewenslange werk – as ek nie by treine of karre betrokke was nie – sou ek definitief ʼn argitek geword het. Ek dink dit is een van die interessantste beroepe. In hierdie stadium, omdat ek nie ʼn argitek is nie, is die naaste wat ek daaraan kan kom om geboue te laat bou. So, eiendom is natuurlik die ding wat vir my baie interessant is.
Let wel: Moenie verlede week se onderhoud met Andries Brink, stigter van Andile Solutions, misloop nie!
Die volledige onderhoud waar Rohan Vos sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.
Bring GROOT ASB die Choo Choo trein terug wat tussen George en Knysna gery het …dit is so n groot aantreklikheid van reg oor die wereld wat nou net weg is !
Die ChooChoo kom terug en sal vir eers tussen Knysna en Sedgefield opereer.