Hoe om ʼn nuwe slimfoon-app vir jou onderneming te kry

(Grafika verskaf deur Codehesion)

As jy ʼn nuwe slimfoon-app vir jou onderneming wil ontwikkel, is Codehesion die perfekte keuse.

Codehesion is Suid-Afrika se voorste app-ontwikkelingsmaatskappy en spesialiseer in Android- en iOS-apps.

Codehesion neem slegs hoogs ervare sagteware-ingenieurs en rekenaarwetenskaplikes in diens en fokus dus daarop om wêreldgehalte slimfoon-apps te ontwikkel.

Dit beteken ook dat Codehesion Android- en iOS-apps vinniger as ander ondernemings kan ontwikkel – en met beter resultate.

ʼn Lang lys van tevrede kliënte is ʼn bewys van die maatskappy se uitnemende werk en Codehesion spog met twee toekennings by die 2021 Supersonic New Generation Social & Digital Media-toekennings en ʼn 2022 MTN Business App of the Year-toekenning.

Gratis konsultasie

Codehesion maak dit vir jou maatskappy maklik om ʼn nuwe slimfoon-app te kry en bied ʼn gratis konsultasie aan voornemende kliënte.

Dié gesprek bepaal die beste roete om die app te ontwikkel, hoe lank dit sal neem om dit te bou en hoeveel dit na verwagting sal kos.

Codehesion sal ook seker maak die app verskyn op die Google Play Store en Apple App Store indien die kliënt dit vereis.

Maatskappye kan dan kies of hulle self die instandhouding van die app wil behartig en of Codehesion op ʼn kontrakbasis aangestel moet word.

Hector Beyers, uitvoerende hoof van Codehesion, nooi maatskappye uit wat graag ʼn nuwe slimfoon-app wil ontwikkel, om met hulle kontak te maak.

Vir ʼn risiko-vrye konsultasie, kontak Codehesion hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.