Jou troeteldier en ʼn mikroskyfie

Argieffoto (Foto: huoadg5888/Pixabay)

Identifisering en naspeurbaarheid is twee baie belangrike eienskappe wat van jou ʼn verantwoordelike troeteldiereienaar maak. ʼn Mikroskyfie bied permanente identifikasie van jou troeteldier, en gee hulle die beste kans om met ʼn eienaar herenig te word, indien hulle verlore raak.

Elke jaar word duisende troeteldiere herenig met hul eienaars, te danke aan die feit dat hulle ʼn mikroskyfie het!

Wat is ʼn mikroskyfie en hoe werk dit ?

ʼn Mikroskyfie is omtrent die grootte van ʼn ryskorrel, en word deur jou veearts deur ʼn eenvoudige mediese prosedure direk onder die vel tussen die skouerblaaie ingeplant.

Hierdie mikroskyfie is geprogrammeer met ʼn permanente identifikasienommer wat deur ʼn mikroskyfieskandeerder gelees kan word.

Die identifikasienommer word gekoppel aan die eienaar se inligting, byvoorbeeld naam, adres en selfoonnommer wat op ʼn databasis gestoor word.

Laat plant ʼn Virbac Backhome-mikroskyfie in jou troeteldier in tydens Mei 2023 en staan ʼn kans om een van drie fantastiese pryse te wen!

Hoe werk dit?

  • Besoek jou naaste veearts tydens die maand van Mei en laat ʼn Backhome-mikroskyfie in jou troeteldier inplant.
  • Registreer die mikroskyfie op co.za
  • WhatsApp die skyfienommer na 083 539 4629
  • Bepalings en voorwaardes geld.

Vir meer inligting oor al die Virbac-produkte, besoek virbac.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.