Slukdermwurm – ʼn gevaarlike parasiet by honde

Argieffoto (Foto: Chiemsee2016 / Pixabay)

Spirocerca lupi, ook bekend as die slukdermwurm, is ʼn gevaarlike parasiet by honde. Dit kan lei tot nodules in jou hond se slukderm, asook aorta, wat dan kan verander na kankeragtige massas, wat later kan versprei.

Die letsels in die aorta se wand veroorsaak ʼn “swak” area, wat kan lei tot ʼn aneurisme asook ruptuur van die aorta, wat onmiddellike dood tot gevolg sal hê.

Die simptome van besmetting met hierdie wurm is baie vaag, en is gewoonlik eers sigbaar as dit al redelik ver gevorderd is.

Simptome kan enige van die volgende wees:

  • Hoes
  • Gewigsverlies
  • Braking of regurgitasie van kos
  • Verhoogde speekselafskeiding
  • Anemie
  • Asemhalingsnood

Hoe kry my hond hierdie wurm ?

Om dit beter te verstaan, is dit belangrik om die lewensiklus van hierdie wurm te verstaan.

Die volwasse wurms bly in ʼn hond se slukderm in ʼn nodule, waar dit eiers lê wat saam met kos uitgeskei word.

Sekere kewers neem hierdie mis in en die larwes broei uit in die kewers. Hierna gebeur een van twee dinge: óf die hond vreet die kewer direk, óf ʼn voël vreet die kewer. Wanneer die voël op ons grasperke mis, kan die hond die voëlmis vreet of die voël direk vang.

Die onvolwasse fase van die wurm is dan in die hond se ingewande, waar dit na die omliggende bloedvate beweeg. Dit versprei met behulp van bloedvloei na die aorta, waar dit óf in die wand van die aorta bly en volwasse word, óf migreer na die slukderm, waarna dit in die wand nodules vorm en volwasse word.

Hierdie lewensiklus duur om en by ses maande.

Die lewensiklus van die Spirocerca lupi (Grafika verskaf deur Virbac)

 

Kan ek hierdie toestand behandel ?

Die beste sal wees om met jou veearts te praat as jy vermoed dat jou hond hierdie toestand onder lede het.

Toetse sal gedoen word om te bepaal of jou hond wel hierdie besmetting het. Indien die veearts hierdie toestand by jou hond diagnoseer, is daar behandeling wat jou hond kan kry. Afhangend hoe ver gevorderd hierdie toestand is, sal egter bepaal of jou hond ten volle sal herstel.

Spirocerca lupi, beter bekend as slukdermwurm (Foto verskaf deur Virbac)

 

Kan ek voorkom dat my hond hierdie wurm kry ?

Daar is ontwurmingsprodukte op die mark wat spesifiek die larwestadium van hierdie wurm teiken. Dit is die fase voordat dit ʼn nodule vorm.

Een van hierdie produkte is Milpro, ʼn ontwurmingstablet gemaak deur Virbac. Hierdie tablet is verkrygbaar by jou veearts, en is boonop bedek met ʼn smaaklike lagie, om die dosering daarvan te vergemaklik. Nie net maak dit Spirocerca lupi dood nie, dit is ook doeltreffend teen rondewurms, haakwurms, lintwurms en sambokwurms.

Dis baie belangrik om jou hond elke drie maande met hierdie tablet te ontwurm, om sodoende die lewensiklus van Spirocerca lupi te breek, en te voorkom dat enige volwasse wurms in die slukderm en aorta-nodules vorm.

Gesels gerus met jou veearts oor hierdie wurm, asook die beste voorkoming.

Vir meer inligting oor Virbac se produkte, besoek gerus ons webblad by https://za.virbac.com/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.