Koop hier plaaslike, stylvolle gesigmaskers

Aangesien dit van 1 Mei af verpligtend is om gesigmaskers te dra wanneer jy die huis verlaat, is die vraag na maskers baie hoog. Gewone mense word wel afgeraai om mediese maskers te koop, sodat dié maskers slegs vir mediese doeleindes gebruik word en mediese werkers nie later ʼn tekort daaraan het nie.

Gelukkig het lede van die Suid-Afrikaanse kleremark aan die werk gespring en nou is daar talle plaaslike ondernemings wat veilige gesigmaskers vervaardig. En nie net enige masker nie, maar stylvolle maskers met patrone, motiewe en in verskeie kleure – daar is sowaar iets vir elke styl.

Jy kan selfs ontwerpersmaskers by bekende ontwerpers soos Janita Toerien en Casper Bosman koop. Kyk ook hier hoe om jou eie gesigmasker te maak!

Hier is ʼn paar plaaslike ondernemings wat stylvolle gesigmaskers vervaardig. Klik op die onderneming se naam om te sien watter maskers hulle maak.

Klerekas.com

Janita Toerien

https://www.instagram.com/p/B_jRJdQJ9rZ/

Aroma Soothz

Golden Goose Artistry

Blue Betty

Ballo

Casper Bosman

https://www.instagram.com/p/B_VhE5PAHXc/

Sew Couture

Leef Kimono

 

Danielle Frynlinck

Elizabeth Summer

https://www.instagram.com/p/B_DG5j8J3h-/

Dr. Pachanga

FitBrain

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet parys ·

Waar kom die mense aan die pryse. .belaglik . Ondersteun slegs WEE maatskappye en nie BEE nie .

Anel ·

Mense het nie eers geld vir kos nie maar nou moet hulle maskers ten duurste koop. Wat ‘n geldmaak storie. Honger mense sal eerder doodgaan aan die virus as van honger. Ek haal ook eerder vrylik asem sonder ‘n wasker as wat dit voel of ek versmoor met iets oor my neus en mond. Het nog nooit eers ‘n serp gedra nie juis omdat ek paniekerig raak as iets oor my neus en mond kom. Gevolge van baie nare ondervinding as kind. Ons loop nog die hele tyd sonder maskers en nou het die wurm die breinselle deurmekaar gekrap en nou moet almal maskers dra. Wat ‘n grap!

Stof ·

Ironies: As ons heel onlangs met ‘n masker of ‘n helm by ‘n bank ingestap het, het hulle beswaar gemaak…
Op dieselfde punt. Maskers pas nie maklik onder ‘n helm nie. Dus: As ons nou met ‘n masker, maar sonder helm sou ry, gaan Abel Konstabel kla. Maar as ons sonder die masker maar met die helm ry, gaan hy ook seker kla?
Eish!
Waar is ons draaiboekskrywers? Hierdie is mos lekker sepie-materiaal?

'n Simpelman ·

Belaglik. Maskers daar om verspreiding te verhoed, nie ‘n “fashion” statement.
Kyk YouTube vir hoe om maskers vir min geld te maak.
‘n buff (multi scarf) kan ook vir baie goedkoper gekoop word.

Elmarie ·

Weereens laaat kommentare hier my wonder oor mense se denkprosesse. As dit te duur is HOEF jy dit nie te koop nie – dis jou keuse. Lewer jy maaar net kommentaar om te wys jy kan? Dis ook mense wat kla oor alles wat nou vertel hoe benoud hulle raak ens. Ek het nou die dag ‘n onderhoud op RT gesien waar die persoon wel Covid-19 het en dis verskriklik – die persoon snak na asem en kan ampers nie praat nie. Nee wat vir my eie beskerming en gesondheid sal ek ‘n masker dra. Hele paar jaar gelede was ek in Tokio en daar was geen virus in die rondte en tog het baie mense maskers in die publiek gedra. Toe ek daarna vra is ek vertel dis as hulle verkoue of grieop of iets onder lede het – dis net sosiale ordentlikheid en ek sou sommer wil dat so iets hier moet ingestel word. Dink hoeveel mens aan medisyne en goed kan bespaar in die winter as almal nie oor jou hoes en nies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.