Die grootste styging van gevalle was in die Wes-Kaap.
Lees meerAlles vir Sondag 3 Mei 2020
Staat weier om inwoners in kwarantynkamp te toets
“Nie net is die privaat mediese span toegang geweier en van die perseel af verwyder nie, maar die SAPD het ook versterkings ingeroep om toe te sien dat hulle nie terugkeer nie.”
Man geopereer ná skoot in gesig
“Toe hy uit die winkel gekom het, het hy en die veiligheidswag in ʼn woordewisseling betrokke geraak en toe skiet hy my man in die gesig.”
Regsaksie dreig rakende ‘magsbeheer’ oor kos
Regsaksie dreig indien kosverspreiding weens sogenaamde beplande regulasies van die regering gesentraliseer en beheer word.
Werkers moet só beskerm word
Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, het Sondag ʼn lys vereistes bekend gemaak waaraan werkgewers moet voldoen wanneer hulle bedrywighede hervat.
Durban-landdroshof word ontsmet
“Die saak is Vrydag aangemeld en al die ander hofpersoneel en regsbeamptes wat in aanraking met die persoon gekom het, is geïdentifiseer en het toetsing ondergaan.”
Miljoene van Tshwane-metro gesteel: Nog een vas
ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by bedrog, geldwassery en korrupsie van R53 miljoen.
Bekendmaking van daaglikse provinsiale Covid-19-syfers geëis
“Inligting oor ʼn wêreldwye pandemie wat verwoesting in ons land saai, moet nooit as geklassifiseer beskou word nie.”
Boer dood nadat hy glo rusie wou keer
“Ons wil graag die polisie prys vir hul vinnige reaksie en omliggende boere wat soekgroepe gereël het om die polisie te help.”
‘The Mountain’ bult weer sy spiere
Yslandse kragreus verbeter wêreldrekord vir dooiegewigoptel.
Kenners: Hef verbod op rook op
Kenners aan die Universiteit van Pretoria (UP) meen die regering se verbod op sigarette het tot gevolg dat rokers en die regering nou die vrugte pluk van ʼn vergiftigde boom.
Lesse uit die rooi galery – ons reguleer dit reg
Hoe langer die virus hoe groter die mag en hoe meer die regulering.
Vier dood in gru-botsing
Drie volwassenes en ʼn baba is in die gru-botsing dood.
Gibbs se flitsende 438-kolf word opgeveil
“Die kolf wat ek in daardie beurt gebruik het, sal opgeveil word om Covid-19 te help beveg.”
Koop hier plaaslike, stylvolle gesigmaskers
Jy kan selfs ontwerpersmaskers by bekende ontwerpers soos Janita Toerien en Casper Bosman koop.
Boek-uittreksel: Gebede vir elke vrou
“Hoe meer ’n mens met iemand praat en hoe langer jy in daardie persoon se teenwoordigheid deurbring, hoe beter leer jy hom of haar ken. Dieselfde is waar van God.” Lees hier ʼn uittreksel uit Nina Smit se boek, “Gebede vir elke vrou”.
‘Beheerliggame moet self oor skole se opening besluit’
“Die ervaring van ander lande waar skole weer stelselmatig heropen is, bevestig dat die tyd en omstandigheid vir hervatting van onderrig ten beste deur plaaslike omstandighede bepaal kan word.”
Regering se Covid-19-strategie ‘onlogies’
Die aanvanklike Covid-19-model, wat instrumenteel was in die besluit om afsonderingsmaatreëls in te stel, het glad nie die ekonomiese gevolge van dié maatreëls in ag geneem nie.
Al meer kommer oor Ramaphosa se bevelraad
“Daar is nie besonderhede oor die magte en funksies van die bevelraad nie. In terme van watter wet is hulle saamgestel?”
Gedagte vir die dag: U gees
“Mag daar tog ’n dubbele deel van u gees op my kom!”. (2 Konings 2:9)