Werkers moet só beskerm word

Thulas Nxesi. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Ondernemings wat Maandag bedrywighede hervat, moet ʼn duidelike plan slaggereed hê om werknemers se veiligheid en gesondheid te verseker.

Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, het Sondag ʼn lys vereistes bekend gemaak waaraan werkgewers moet voldoen wanneer hulle bedrywighede hervat.

Talle ondernemings sal na verwagting Maandag, die eerste werksdag op vlak 4, bedrywighede hervat. ʼn Behoorlike Covid-19-plan moet opgestel word wat aandui wat die maatskappy gaan doen om seker te maak sy ruimte is voorberei teen die verspreiding van die koronavirus en wat die maatskappy gaan doen om dit te voorkom.

Volgens Nxesi moet ʼn risikobepaling in die werkplek gedoen en ʼn duidelike plan opgestel word om die maatreëls toe te pas.

Nxesi het gesê elke werkgewer moet sy werknemers behoorlik inlig oor die prosedures wat gevolg gaan word. “Hulle moet werknemers inlig dat hulle nie by die werk moet opdaag indien hulle Covid-19-simptome het nie, maar betaalde siekverlof sal kry of vir Covid-19-Ters-voordele aansoek moet doen.”

Die werkgewer moet ʼn bestuurder, van binne die bestaande strukture, aanstel om die bekommernisse van werknemers en werkplekverteenwoordigers aan te raak. Daar moet maatreëls ingestel word om kontak tussen werkers en kontak tussen werkers en die publiek te beperk.

Thulas Nxesi. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die getal werknemers in die werkplek moet beperk word deur skofte of reëlings om afstandhandhawing in te stel. Werkplekke moet ingerig word om ʼn afstand van minstens 1,5 m tussen werknemers te handhaaf. Indien dit nie moontlik is nie, moet daar skerms tussen werkers aangebring word. Afstandhandhawing moet oral in die werkplek toegepas word.

Werknemers moet ook van gratis beskermende toerusting voorsien word. Werkgewers moet werknemers sif vir Covid-19-simptome wanneer hulle by die werk aankom. Werknemers moet ook onmiddellik hul werkgewer in kennis stel indien hulle enige simptome ervaar terwyl hulle by die werk is. Enige diagnose van Covid-19 by ʼn werkplek moet by die departement van gesondheid en die departement van arbeid en indiensneming aangemeld word.

Winkels en ander ondernemings wat met lede van die publiek werk, moet almal wat die perseel betree ook sif vir Covid-19-simptome.

Werkgewers moet genoegsame handreinigers, met ʼn alkoholinhoud van minstens 70%, verskaf en verseker dat werksoppervlakke, toerusting en ander gebiede soos badkamers gereeld skoongemaak en ontsmet word.

Werknemers moet maskers dra wanneer hulle by die werk is en werkgewers moet lede van die publiek ook versoek om ʼn masker te dra indien hulle die perseel wil betree. Werkgewers moet vir elke werknemer twee gratis materiaalmaskers voorsien om te dra wanneer daar gewerk of gereis word.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Boortor ·

Nee wat…ek het toegemaak met die inperking. En ek gaan toe bly na die inperking. Ek is nie bbbee nie en gaan ook nie wees nie. Dis jammer dat 73 goed geskoolde werkers nou nie meer n werk het nie. Ek het hulle gehelp sover ek kon maar kry geen finansiele hulp van die “regering” af nie. So ek pak op vir altyd. Moeg gesukkel met die lot!

marius ·

Hy maak vandag ‘n lys wat more al geimplimenteer moet wees ? Waar dink hy moet werkgewers alles in die hande kry ? Wat se hulp gee sy departement ? Nog drakoniese afdwinging op diegene wat hulle met die minste moeite kan monitor !

capie ·

” of vir Covid-19-Ters-voordele aansoek moet doen.” Ek verneem dat blankes blykbaar uitgesluit is

Marius ·

Ja baas ja baas alles reg wat doen jy omtrent die pryse en wat ons betaal maklik om se se voorsien

Peetjie ·

Hulle het soveel reels en regulasies van die skerms en maskers en al die voorsorg maatreels, maar van die hospitale se verpleegpersoneel sukkel nou nog om dieselfde goed van die regering te kry….

Willem ·

Hy sit op sy sitvlak en voer die vakbond se bevele uit. Self kan hy nie sulke dinge kwyt raak nie

Die Wolf ·

Hoekom nou vir almal vertel wat werkgewers moet doen. Dit is in elk geval die plig van die werkgewer volgens veiligheidswetgewing. Dit is maar net sy manier om weg te skram van die staat se onbeholpenheid, virus of te not.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.