Video: Oggendgrimering in ʼn oogwink

Argieffoto (Foto: Pexels)

Die meeste vroue se oggendroetine bestaan uit honde kos gee, kos pak vir werk, jou huishouding bestuur en jouself gereedkry vir werk. Dit is geen wonder dat daar skaars tien minute oor is om grimering te doen nie.

Annelize Campher, ʼn voltydse persoonlike assistent vir die skoonheidsghoeroe Hannon Bothma en ʼn grimeerkunstenaar, wys hoe jy in die oggend blitsig jou grimering kan doen.

“Grimering hoef nie moeilik te wees nie, en dit hoef ook nie ure uit jou dag te neem nie,” sê sy.

Jy het die volgende grimeerprodukte nodig:

  • basislaag (primer)
  • onderlaag
  • verbronser (bronzer)
  • maskara
  • lipstiffie
  • sagte oogpotlood
  • grimeerverseëlaar

In hierdie video wys Annelize jou in agt stappe hoe jy jou oggendgrimering in ʼn japtrap kan doen:

Annelize se onderneming staan bekend as Makeup by Annelize. Volg haar op Facebook, YouTube en Instagram vir nog video’s met grimeertegnieke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anneke ·

‘Net’ 8 produkte is verseker nie in ‘n oogwink nie…………

apollonio ·

Die basislaag (primer), verbronser en grimeerverseelaar is nie nodig nie. Dalk ‘n groen reuk reukwater rond die oggend varsheid af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.