Waak só teen velveroudering

Argieffoto. (Foto: Verskaf)

Wêreldwyd ervaar die velsorgmark jaarliks ʼn beduidende toename in die aanvraag vir teenverouderingsprodukte.

Ruan Winter, bemarkingsbestuurder van die professionele velsorgreeks Vitaderm, sê faktore soos vrye radikale en besoedeling dra by tot die aanvraag van dié produkte.

“Hoewel ons gene hoofsaaklik in beheer is van hoe ons verouder, kan ʼn mens jou vel se volheid en tekstuur beïnvloed met die regte produkte. Omgewing, stres en leefstylkeuses kan alles daartoe bydra dat vel vroeër verouder, en dit is bekend as ekstrinsieke veroudering,” verduidelik Winter.

Daar is egter voorkomende maatreëls wat gebruik kan word om die verouderingsproses van die vel te vertraag.

Winter bied ʼn paar wenke om te help met die velsorgreis teen veroudering:

Was jou gesig sagkens

Die reiniging van die vel verwyder enige produkte of grimering wat jy deur die dag aangewend het. Dit verwyder ook natuurlike olies van die vel, asook besoedelingstowwe en bakterieë wat deur die dag op die vel opgehoop het.

Reiniging laat ook produkte toe om die vel binne te dring en meer effektief te werk. Gebruik ʼn sagte reiniger wat jou vel se bolaag beskerm en weerstand bied teen dehidrasie en skade. Reinigers met ʼn hoë pH is hard op die vel en kan jou vel geïrriteerd en vatbaar vir infeksie laat. Reinigers met ʼn lae pH werk goed om die optimale balans van die vel te handhaaf.

Skilfer af

Dit is ʼn baie belangrike stap in ʼn voorkomende velsorgroetine. Skilfer jou vel af om ontslae te raak van droë velletjies en die vel weer lewe te gee. Gereelde afskilfering kan ook help vir skade wat deur die son aangerig is of enige velverkleuring.

Teenverouderingserum

Soos wat ons ouer word behoort ons voorkomende velsorgroetines te ontwikkel. Deur ʼn teenveroudingserum wat retinol bevat in jou roetine te inkorporeer, kan jy jou vel se gloei en kollageenvervaardiging bevorder. Vitaderm se retinolserum word nie op diere getoets nie en bevat ʼn super-antioksidant wat die DNS van die vel beskerm en velregenerasie bevorder.

Dit is ook belangrik om daagliks ʼn SPF 30 of hoër faktor in warmer maande aan te wend.

Bevogtig

Velverouding het die verlies van sebum tot gevolg, wat beteken die vel droog vinniger uit. Dit is een van die grootste redes vir fyn lyne op die vel. Gebruik ʼn bevogtiger wat waterbindende elemente soos gliserien en hialuronsuur bevat.

Hou op rook

Hoewel dit talle ander gesondheidsvoordele inhou om op te hou rook, is dit ook baie voordelig vir die vel om sigarette te laat vaar.

Sigaretrook vertraag bloedvloei na die vel en veroorsaak onnodige plooie en laat die vel gedehidreerd en vaal.

Drink water

Jou waterinname kan ʼn direkte invloed op jou vel se gesondheid hê. Die daaglikse hoeveelheid water wat ingeneem moet word hang van jou aktiwiteitsvlak af – hoe meer aktief jy is, hoe meer water het jy nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.