Britte is ontsteld na dit geblyk het dat die “100 persent beesvleis” wat hulle aanskaf, dikwels tussen 30 en 100 persent perdevleis bevat.
Die Britte is bekend as perdeliefhebbers.
Die Britse Voedsel- en produkteowerheid het sy kommer oor die teenwoordigheid van perdevleis in honderdduisende pakke bevrore hamburgervleis, kits spaghetti en lasagne uitgespreek omdat spore van die middel Butazolid daarin aangetref word. Die oormatige inneem hiervan kan dodelike bloedsiektes veroorsaak.
Die leweransiers van die “bedenklike” vleis is van Brittanje, Ierland en Frankryk afkomstig.