ʼn Man wat beweer hy is ʼn satanis het Maandag in die Eshowe-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die moord op ʼn sesjarige familielid.
Lees meerAlles vir Maandag 11 Februarie 2013
16 vas vir twee bendeverkragtings
Sewe mans en nege tienerseuns is in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van twee vroue in afsonderlike voorvalle.
Video: Die Bulls sing vir hulle ondersteuners
Die Bulle het Maandag ʼn spesiale boodskap vir hulle ondersteuners gehad…en hulle het dit gesing.
Metrobeampte deur ‘dronk’ motoris doodgeskiet
ʼn Ekurhuleni-metropolisiebeampte is Sondag deur ʼn motoris doodgeskiet nadat laasgenoemde vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem is by ʼn ongelukstoneel in Brakpan aan die Oos-Rand.
Teater-‘Oscars’ op pad na Pretoria
Die derde jaarlikse kykNET Fiëstas, in volksmond beter bekend as “die Oscars van Afrikaanse teater”, word vanjaar die eerste keer in die ikoniese staatsteater in Pretoria aangebied.
Die Groot Debat: Onregverdige taalbedelings lei tot onstabiele samelewings
‘n Onbillike en disproporsionele benutting van een of meer amptelike tale in ‘n land lei tot wrok, haat en woede wat ‘n land se stabiliteit volledig kan ondermyn, sê De Varennes in sy verslag.
Pous tree af
Pous Benedictus XVI (85) het pas aangekondig dat hy weens swak gesondheid aan die einde van die maand aftree. Hy is die eerste pous sedert die Middeleeue wat abdikeer.
Bokskampioen veg terug
Francois Botha, oftewel die Wit Buffel, het Maandag gesê hy gaan sy eie dwelmtoetse aanvra en hy veg dat sy nederlaag teen die Australiese rugbyspeler Sonny Bill Williams van die rekord geskrap word.
100 persent Britse bief toe perdevleis!
Britte is ontsteld na dit geblyk het dat die “100 persent beesvleis” wat hulle aanskaf, dikwels tussen 30 en 100 persent perdevleis bevat.
Pous kondig aftrede aan
Die pous het pas afgekondig dat hy aan die einde van die maand gaan bedank as die hoof van die Katolieke Kerk.
Twee brand dood in Kaapstad
Twee mans van Zimbabwe is dood nadat hul plakkershuis in die Llwandle-informele nedersetting in die Strand Saterdag afgebrand het.
Nog ʼn vrou wreed verkrag en vermoor
Die liggaam van nog ʼn jong vrou van die Boland is Saterdag gevind nadat sy glo verkrag en vermoor is.
Video: Sepiesterre rol in die modder vir liefdadigheid
Verskeie sepiesterre het Sondag veel meer as hul hande vuilgemaak toe hulle mekaar die stryd aangesê het om geld vir liefdadigheid in te samel.
Casino-paartjie: Man glo van diefstal aangekla
ʼn Saak van diefstal is glo teen James Viljoen (28), ʼn inwoner van Schweizer-Reneke wat vir twee weke saam met sy vriendin Carien Wilkens (20) vermis was ná hulle geld by ʼn casino gewen het, aanhangig gemaak.
Bethulie-moorde ruk gemeenskap
Gordon (78) en Lorraine Adam (63), ʼn bejaarde egpaar van Bethulie, is Saterdagoggend dood in hul huis aangetref. Dit is die vyfde dubbele moord sedert 2010 in die Vrystaat.
Egpaar soek luukse voertuie terug
Die voormalige Durbanse metropolisielied en sy vrou wie se luukse motors ter waarde van R22 miljoen verlede week deur die Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gekonfiskeer is, het die hof genader om hul voertuie terug te kry.
Video: Trekker-legendes trek nou op Facebook
Maroela Media laat nou die Groot Trek-geskiedenis op Facebook herleef.
New Age kap terug oor Telkom-berig
Die New Age-koerant het Maandag kapsie gemaak teen gerugte dat die telekommunikasiereus, Telkom, een van sy grootste adverteerders is.
Presidensie ontken gerugte
Die presidensie het Maandag gerugte ontken dat Dina Pule, minister van kommunikasie, van haar pligte onthef gaan word.
Nuuskommentaar: Belangrike week vir Suid-Afrika
Donderdag lewer pres. Jacob Zuma sy jaarlikse staatsrede, maar voor dit gaan dr. Mamphela Ramphele na verwagting die aap uit die mou laat oor ‘n nuwe politieke party of nuwe beweging.