“Die 19-jarige is Maandag in hegtenis geneem nadat hy die baba glo Sondagmiddag omstreeks 12:00 van die Kwandokwenza-hostel in New Brighton ontvoer het,” het ao Dumile Gwavu, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Die kind is ontvoer nadat die kinderoppasser hom in die ruskamer gelaat het. Toe sy terugkom, was die kind weg.”
Die baba is, ná die man se inhegtenisneming, weer opgespoor en aan sy ouers terugbesorg. Die man word tans deur die polisie ondervra. Die polisie is op soek na sy beweerde medepligtige.