Afrikaanse groepe bekommerd oor die regering

Negentien Afrikaanse groepe het vandag 'n vergadering met die ANC gehad. Phosa het die vergadering as positief beskryf, maar sommiges het die vergadering as stemwerwery veroordeel. Foto: gallo images

Die ANC se tesourier-generaal, Mathews Phosa, het Dinsdag die toestand van die regering met Afrikaanse groepe bespreek. Ander kwessies soos dienslewering, veiligheid in stedelike en landelike gebiede en die posisie van die Afrikaanse taal en kultuur het ook aandag geniet.

Volgens ʼn berig op nuus24.com het verteenwoordigers van 19 Afrikaanse liggame wat die vergadering in Johannesburg bygewoon het, die ANC gevra dat leierskap hulself moet regruk.

Van die groep wat die vergadering bygewoon het, was die Afrikanerbond, NG-kerk, Voortrekkermonument, ATKV, Afrikaanse Taalraad en die Federasie van Beheerliggame van SA-skole. Phosa, Gwede Mantashe, Tina Joemat-Petterson en Enoch Godongwana het die ANC tydens die vergadering verteenwoordig.

Phosa het gesê die gesprekke het goed afgeloop. Hy het dit duidelik gemaak dat hulle nie na stemme soek nie, maar openlik wou praat oor wat die nasie bekommer. Phosa het verder gesê hy was geraak toe een van die organiseerders oor positiewe burgerskap gepraat het.

Maroela Media het vroeër berig dat sommige groepe, waaronder die Solidariteit Beweging en FAK, nie die vergadering bygewoon het nie omdat die ANC, volgens hulle, net stemme wil werf vir die komende verkiesingskonferensie. Die VF+ het ook gesê die party tree uit eiebelang op en is maar min besorg oor minderheidsgroepe se belange.

Mantashe het egter gesê die ANC is verplig om die bekommernisse van Afrikaanse groepe te verstaan en het belowe dat nog vergaderings van die aard binnekort gehou sal word.

Lees hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Izak van zyl ·

Ek is nie gekant teen gesprek nie, maar die ooreenkomste moet nagekom word. Verskeie vrugtelose gesprekke in die verlede laat my wonder of die nie ook maar net ‘n gepaaiery is omdat hulle die al groter groeiende weerstand aanvoel nie. ‘n Sleutelrolspeler in die Afrikaner politiek vf+ en solidariteit distansieer hull openlik van die samespekings. Dit behoort vir die ander afrikaner organisasies ‘n barrometer te gewees het en om eenheidsontwil ook onttrek het. Wat my beskeie opinie(indien dit enige waarde het) is die skrif aan die muur en is die tafel gedek vir die bloedigste rassestryd ooit in die geskiedenis van SA.

sien hierdie maar as die laaste loopgraaf van die ANC se onbeholpe regering om soos Pilatus te kan seg:
“Ons was nou ons hande in onskuld. Ons het mos nou ons deel gedoen en die wittes blyk dislojaal teen ons te wees. Wat nou gaan gebeur kon onsnie keer nie”

Waar kry ek die aanhaling vandaan? TV nuus. Op dieselfde datum as wat die gesprek plaasgevind het, is ‘n duidelik goed beplande plaasbesetting uitgevoer met beelde waar wittmense vreesbevange toekyk hoedat hulle persoonlike ruimtes beset en oorgeneem word.

Dankie NASPERS dat julle die mandaad gee vir grootskaalse – dog geisoleerde – plaasbesetpogings wat binnekort gaan volg.

Ek het ‘n SA boere vir JESUS veldtog begin op Facebook. Dalk is die tyd om ons knieg voor God te buig in afhanklikheid van SY beskerming tog nie so vergesog nie.

chris ·

n mens onderhandel uit n posisie van sterkte anders is jy net daar om die bestaande proses te ligitemize. Afrikaner organisasies moet eerder hul tyd en geld spandeer aan n langtermyn oplossing as om deel te neem aan die huidige bestel en dit langer instand te hou. Indien die regering iets wil doen wat ons nie pas nie, moet daar op kragdadige wyse demonstreer word daarteen. Dit is die eenigste taal wat hulle verstaan soos bewys word deur Cosatu en ander se betogings en optredes. Dus behoort daar eerder gewerk te word om Afrkaners te mobiliseer vir soortgelyke optrede. Daar is baie weklose Afrikaners beskikbaar daarvoor.

Mike ·

Chris ek stem meer as een honderd persent saam met jou. Ek is geskok deur die afrikaners wat wel met die ANC gaan praat het. Dit is vir my asof die regime die afrikaner uittart. Wat jy sê is absoluut van toepassing in Afrika, jy onderhandel vannuit ‘n posisie van mag anders nie. Wat ek dink meer aan gewerk moet word is selfbeskikking in ‘n eie gebied. Dit dink ek is die enigste oplossing, want om saam binne die chaotiese SA te wil bly en die heel tyd te wil onderhandel vir regte teen astronomiese kostes maak net nie sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.