Die ANC se tesourier-generaal, Mathews Phosa, het Dinsdag die toestand van die regering met Afrikaanse groepe bespreek.
Lees meerAlles vir Dinsdag 8 Mei 2012
Betogings in Noordwes raak gewelddadig
Vyftien mense is Dinsdag in hegtenis geneem na betogings oor dienslewering in Lomanyaneng geweldadig geraak het.
Vlaag van verkragtings in Noordwes kommerwekkend
ʼn Vlaag van ten minste 13 verkragtings sedert die begin van die naweek in Noordwes is “kommerwekkend” het polisie in die provinsie Dinsdag gesê.
SA se waterkwaliteit steeds hoog; Gauteng die beste
Suid-Afrika is een van die min plekke in die wêreld waar ‘n mens nog met ‘n geruste hart ‘n glas kraanwater kan drink terwyl Gauteng met die hoogste waterkwaliteit in die land spog.
IKUSASA-toekennings: tydskrif van die jaar-kompetisie
Huisgenoot is benoem in die Tydskrif van die Jaar-kategorie vir bydrae tot die inspirasie en ontwikkeling van die jeug.
Kom kuier saam met ‘Hoezit!’
Die Mei-uitgawe van “Hoezit!” wat deur die ATKV uitgegee word is nou op die rak.
Afrikaans skitter!
Die ATKV bied ‘n simposium in Gauteng aan vir Afrikaanse Taalonderwysers. Die gasspreker is dr. Christo van der Rheede en Leon van Nierop is een van die aanbieders.
Solidariteit wil nie ANC se “stemwerwers” wees nie
Die ANC het Dinsdag met ʼn groep van 19 Afrikaner-organisasies vergader in ʼn “Afrikaner dialoog”, maar Solidariteit, die FAK, TLU SA, en AfriForum het nie dié vergadering bygewoon nie.
Uittreksel: Nova: Bloedbroers
Nova: Bloedbroers is die derde boek in die baie gewilde wetenskapfiksie-reeks waarvan die eerste boek, Nova: die begin, se eerste oplaag binne die eerste vyf maande uitverkoop het.
Werkloosheidskoers styg, indiensnemingsyfers daal
Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse arbeidsmagpeiling wat vandag bekendgestel is, het die hoop op ’n volgehoue styging in totale indiensneming in Suid-Afrika verydel.
Planne op die tafel vir Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard se sprokiestroue
Karlien van Jaarsveld en Derrick Houghaard sweer in November ewig trou aan mekaar en die geleentheid beloof om een van dié troues van die jaar te wees.
Video: Nova: Bloedbroers
Hierdie is die derde boek in die baie gewilde wetenskapfiksie-reeks waarvan die eerste boek, Nova: die begin, se eerste oplaag binne die eerste vyf maande uitverkoop het.
Uittreksel: Sam – ‘n ware verhaal van ‘n dogtertjie en haar olifant
“Gaan op reis en vind vir my die mooiste ding wat bestaan…”
Sam – ‘n ware verhaal van ‘n dogtertjie en haar olifant
“My naam is Marthe. En hierdie is die ware verhaal van my en my olifant…”
Menseregtekommisie-klagtes: Jessica Leandra 45, Tshidi Thamana 0
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het sowat 45 klagtes teen die model, Jessica Leandra Dos Santos, ontvang na sy Donderdag ʼn rassistiese uitlating op Twitter gemaak het. Die kommissie het egter teen Maandag geen klagtes teen Tshidi Thamana, ʼn aktrise wat die soortgelyke gedoen het, ontvang nie.
Iets op sy elf-en-dertigste doen
Taaltoffie kyk na die herkoms van dié Afrikaanse uitdrukking.
Hoedspruit se militêre mediese sentrum in haglike toestand
Hoedspruit se militêre mediese sentrum is in ‘n haaglike toestand en moet 11 000 mense bedien sonder ’n ambulans en voldoende medisyne en toerusting.Van die rekrute wat tydens opleiding seergekry het, moes al met ’n kruiwa na die sentrum gestoot word.
Sanral uitvoerende hoof bedank
Die Suid-Afrikaans Padagentskap (Sanral) se uitvoerende hoof, Nazir Alli, het bedank.
Nuuskommentaar: Grondwetregters aangekla
Luisteraars na RSG se aktualiteitsprogram, Kommentaar, het waarskynlik onthuts regop gaan sit toe een van die deelnemers, dr. Piet Croucamp, gesê het dit is geen uitgemaakte saak dat die grondwetlike hof die omstrede inligtingswetsontwerp as ongrondwetlik sal verwerp nie.
Passasier bekommerd oor Kulula-vliegtuig
Armleunings wat vermis word, los rubberstukkies wat uit oorhoofse sluithokkies hang en ʼn gaping waardeur mens die vliegtuig se enjin kan sien het een Johannesburg-passasier se liefde vir goedkoop lugredery Kulula laat vrees vir haar lewe.