Die polisie in Limpopo is op soek na agt mans wat glo twee vroue verkrag het en gewapende rooftogte uitgevoer het op drie plase in Taganashoek in die Tzaneen-omgewing.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die mans het Saterdagmiddag ʼn 32-jarige vrou op ʼn plaas aangeval en verkrag. Hulle het twee jaggewere, ʼn pistool en R300 gesteel. Mulaudzi sê die mans is hierna na ʼn ander plaas waar hulle ʼn 59-jarige huiswerker verkrag het. Hy sê die mans is van hier na ʼn derde plaas waar hulle elektriese goedere en DVD’s gesteel het. Mulaudzi sê twee van die mans is reeds geïdentifiseer en dat die polisie hoopvol is dat die verdagtes binnekort aangekeer sal word.
Die polisie is hoopvol!!!!!! Sjoe, nou voel ek soveel beter!!!!!!!! Nog n onopgeloste saak!!!!!!!!!!