Aktrise probeer glo selfmoord pleeg

Lindie Stander, oftewel Elise van Binneland, is in ʼn psigiatriese eenheid opgeneem nadat sy vroeër die week selfmoord wou pleeg weens depressie.

Stander is Woensdag in die Helen Joseph-hospitaal opgeneem ná sy haar een bo-arm tot op die been oopgesny het, berig Beeld.

Haar karakter in dié sepie gaan nou uitgeskryf word. Ernst Swart, Binneland se skakelbeampte, het bevestig Stander is ingelig oor hul besluit. Stander se laaste tonele sal in Augustus uitgesaai word.

“Ons loop al ’n lang pad met Lindie. Dit was nie ’n maklike besluit om te neem nie. Dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie, Sy besef self sy het hulp nodig en sal hopelik nou die hulp kry,” het hy gesê. Hy het haar as ’n talentvolle aktrise beskryf.

Dit is nie bekend wanneer Stander uit die hospitaal ontslaan gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.