Nagenoeg 30 ANC-ondersteuners verskyn Maandag in die hof nadat hulle Saterdag in hegtenis geneem is ná ʼn bakleiery met EFF-lede naby aan pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning.
Maroela Media het vroeër berig die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het ʼn huis, wat hulle langs die Nkandla-woning vir Sthandiwe Hlongwane en haar kleinkinders gebou het, aan die gesin oorhandig.
ʼn Groep polisiebeamptes het die situasie sedert Saterdagoggend dopgehou en die twee groepe uit mekaar gehou. Die ANC-ondersteuners was daar naby op ʼn koppie toe die EFF-lede van hul vergadering teruggekeer en begin sing het.
ʼn Paar lede uit die ANC-groep het glo klippe in hulle rigting begin gooi en die polisie het met knuppels, ʼn waterkanon en traangas ingegryp. Rubberkoeëls is gevuur en mense het weggehardloop en skuiling gesoek. Lees meer hier.