Die ANC-jeugliga sê hy sal alles in sy vermoë doen om die vrystelling te keer van ʼn lied wat glo die gedrag van sy leier, Julius Malema, in twyfel trek.
Die ANC-jeugliga se hoofsekretaris, Sindiso Magaqa, sê: “As hulle daai simpel lied vrystel, sal ons hard op hulle neerkom.” Die maskandi-groep, Izingane Zoma, het ʼn lied vrygestel genaamd uMalema. Die lied is reeds aan radiostasies beskikbaar gestel en sal van volgende week af aan die publiek verkoop word. Die groep van drie vroue maak sedert 1993 maskandi-musiek, ʼn tradisionele styl wat voorheen deur manlike sangers oorheers is. Die Mercury berig dat die lied Malema daarvan beskuldig dat hy die ANC-leierskap gekritiseer het en dat hy buite beheer is. Izingane Zoma het in 2006 ʼn lied geskryf oor president Jacob Zuma voor hy president geword het van die ANC. Magaqa sê egter die Jeugliga sal nie toelaat dat sy leier beledig word nie. Hy sê die Jeugliga sal hom tot die hof wend om te keer dat die lied vrygestel word. Die groep se woordvoerder, Izintombi Zoma, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
instead of composing songs for a crooked youthleader,they should rather teach the young ones how to get education,but that is rather not the case,because the ANC Youth Leaders have never experienced any education themselfs.so they rather mislead and misuse those young peole for spreading there own heatful idears out.
They are creating a NO FUTURE GENERATION