ʼn Bejaarde vrou van Delareyville in Noordwes is glo Woensdagaand verkrag nadat sy by ʼn plaaslike kroeg gekuier het.
Kapt. Amanda Funani, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die 86-jarige vrou is Woensdagaand na ʼn plaaslike kroeg en het nooit teruggekeer huis toe nie.
“Haar kinders het bekommerd geraak en na haar gesoek, maar kon haar nie opspoor nie,” het Funani gesê.
Twee mans het haar die volgende dag kaal in ʼn veld gevind waar sy geslaap het. Die mans het haar na haar huis vergesel. Sy was glo dronk toe die mans haar gevind het.
“Die vrou het haar kinders vertel dat sy deur ʼn onbekende man verkrag is,” het Funani bygevoeg.
Die polisie ondersoek die voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Nou wat de flippen hel soek ‘n 86 jarige dame by ‘n kroeg??????????????
Vra ek ook Rena???????
Nee regtig 86 en sy gaan na ‘n kroeg, en die kinders laat dit toe? Huh? Het sy haar valstande wat sy 46 jaar terug daar vergeet het, gaan soek of wat? Ek sou nie toelaat dat my ma of ouma of enige ou dame van 86 alleen kroeg toe gaan nie!! Dan word sy gevind deur ander mans, waar sy kaal en dronk lê. Hulle moes haar sommer net daar gelos het.
Ja nee, ek stem saam met Rena en Erika…. wat de ongeluk maak sy daar? Dis mos nou moeilikheid soek!!!
Ag nee wat sy is beslis nie onskuldig wat maak sy daar! Op daai oudewrdom n vrou alleen kroeg toe nee wat sy het vir moeilikheid gesoek