Belhar: Grootste debat in NG Kerk kom

Die bekendstelling môre van Kraal Uitgewers se nuwe boek, Belhar geweeg, sal na verwagting die grootste debat tot op hede in die NG Kerk inlui. Agtien skrywers, waaronder prominente kerklui en meningsvormers soos prof. Piet Strauss, prof. Pieter Potgieter en genl. Johan van der Merwe, laat in dié boek hul stemme oor die moontlike instelling van Belhar as vierde belydenisskrif hoor.

Belhar geweeg is die eerste boek van sy soort wat as’t ware die ‘ander kant’ van die populêre debat oor Belhar laat hoor. Die boek word môre by die Aardklop-kunstefees in Potchefstroom bekendgestel. Prof. Strauss sal tydens die geleentheid oor die boek en oor Belhar praat.

Volgens prof. Strauss is Belhar geweeg noodsaaklik, aangesien dit ’n platform vir die brandende Belhar-debat bied. “Die gesprekke oor Belhar is noodsaaklik omdat die NG Kerk waarskynlik nou by die grootste kruispad in sy bestaan is. Talle kerklidmate is krities oor Belhar en verlang ’n behoorlike evaluering daarvan – en dít is juis wat Belhar geweeg bied. Die boek sal egter nie sonder teenkanting begroet word nie en sal moontlik ’n groot debat in die NG Kerk ontketen, maar dit is presies wat nodig is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H M Wilters ·

As gevolg van Belhar is my ouers destyds uit die NG , ek het gebly maar uiteindelik ook die pad gevat na ek verneem het hulle het my al die jare verkeerd geleer, dat ek sal moet boet omdat ek wit is. Stel nie in politieke rondspringery van ‘n kerk belang nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.