Besoedelde brandstof by OR Tambo-lughawe

Argieffoto

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) is Vrydag op soek alternatiewe vliegtuigbrandstof om sowat 7 miljoen liter te vervang wat glo besoedel is.

“Die lughawe funksioneer normaal. Daar is geen probleem nie,” het woordvoerder Solomon Makgale gesê. Acsa is Donderdag deur die Brandstofkonsortium ingelig dat die brandstofpypleiding van die Nasionale Petroleum Raffinaderye van Suid-Afrika se raffinadery in Sasolburg (Natref) besoedel is met brandstof wat nie aan die spesifikasies voldoen nie.

Voorraadvlakke van vier dae by die lughawe is tot 1,6 dae verminder.

“Mense kan maar na die lughawe toe kom,” het Makgale bygevoeg. Enige veranderinge aan die situasie sal aangekondig word. Dit blyk of die besoedeling opgespoor is voordat die brandstof in vliegtuie beland het. Verskaffers sal nou ondersoek hoe dit plaasgevind het. Die lughawe ontvang gewoonlik drie miljoen liter brandstof per dag deur die Natref-pypleiding.

Die lughawe bedien sowat 17 miljoen plaaslike en internasionale passasiers per jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.