Met die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat oor minder as ʼn maand afskop moes ʼn ervare Springbokspan met 14-9 die knie buig na ʼn spannende stryd teen die Wallabies op Kingspark in Durban.
Die Bokke het rustyd met 6-0 voorgeloop. Die enigste drie van die wedstryd is deur die Wallabies se Pat McCabe gedruk. Die Springbokke het goed genoeg begin en dit het gelyk of afrigter Peter de Villiers se 13 veranderinge aan die span gaan vrugte afwerp. Die Bokke kon egter nie op die momentum voortbou nie. Die Springbokke speel hul laaste Drienasies-toets volgende naweek teen die All Blacks in Port Elizabeth.