Die KwaZulu-Natalse polisie het ʼn R15 000-beloning aangebied vir enigiemand wat inligting het oor ʼn beweerde moordenaar wat per ongeluk vrygelaat is weens ʼn “administratiewe fout”.
Lebo Sibisi het glo op 14 September 2012 ʼn man in Umbilo, Durban beroof en vermoor, het kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, Maandag gesê.
“Twee verdagtes, waaronder Sibisi, is ná die moord in hegtenis geneem nadat die polisie die saak ondersoek het, en Sibisi se borgtogaansoek is suksesvol in die Durbanse-landdroshof afgekeur,” het Zwane gesê.
Na ʼn aparte hofverskyning in Januarie vanjaar het ʼn klerklike fout plaasgevind en Sibisi se aanhoudingslasbrief het verkeerdelik aangedui dat R5 000 nodig is vir sy vrylating.
“Die volle bedrag is betaal en Sibisi is later deur owerhede vrygelaat. Hy het nie weer in die hof verskyn nadat hy vrygelaat is nie, en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik.”
Die polisie vermoed Sibisi kruip in die Oos-Kaap weg.
Hoe is daar dan deesdae so baie administratiewe foute waar gevaarlike beskuldigdes weens ‘n tegniese fout vrygelaat word?
Wat is bogtog?????? Nog nooit van so iets gehoor nie
Dankie maroela. Dis borgtog lol
Hierdie is maar net nog ‘n manier om omkoopgeld te ontvang sonder om vervolg te word. Slim uitgewerk.
Admin-foute? Menslike foute? Dom bly dom. Of is daar dalk weer geld by betrokke? Lyk my korrupsie loop regdeur die polisie. Van die laagste rang tot die hoogste rang. Korrupte spul. Net jammer vir die eerlike mense in die mag. Almal word nou onder dieselfde kam geskeer. Jammer julle.
Die volgende “fout” is seker n prestasiebonus vir die skuldige amptenaar.
Nes jy daar se , Seg net slim uitgewerk.