Die brandstofprys van alle grade petrol en diesel daal vanaand om middernag.
Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat die prys van 93- en 95-oktaan petrol onderskeidelik met 20c en 19c per liter gaan daal. Albei grade diesel gaan met 2c daal.
Paraffien se prys gaan met 5c daal en LP-gas met 40c. Die daling in die brandstofprys sou meer gewees het, maar minister Mildred Oliphant het ʼn styging van 4.9c per maand wat teen middernag in werking tree, bygewerk om die loonaanpassing van petroljoggies te akkommodeer. Dit volg nadat werkgewers en Numsa verlede Vrydag ʼn ooreenkoms bereik het wat die drie week lange staking van petroljoggies tot ʼn einde gebring het.
Diesel net met 2c dit is seker ‘n grap. Vaderland nie eers die geld wat dit kos om te skryf werd nie.
Hoekom moet die publiek betaal vir die joggie verhoging … Hoekom ???
Gee die land vir die witmense en die rand en al die pryse is binne n jaar weer laag. Ons kry nie meer geld in ons sak as voor 1994 nie met rand wat so swak is. Jaag alles op. Hulle gee 20 sent n lt en vat oor n maand 90 sent.
Is dit nie nou tyd vir self bediening by petrol stasies,verlaag die brandstofprys met dit wat die pompjoggies kry,en hou die prys dan die selfde vir die mense wat bedien wil word nie,maar so kan die virbruiker nie verder gemanupuleer word nie
2c!!??? Kon hulle dit darem spaar…..
Ja, sodat dit weer dubbeld die prys teen desember kan opgaan. Sielkunde wat hulle toepas
Wel, as ek dan sy verhoging moet betaal, is dit in die toekoms taboe met enige fooitjie vir hom. Dis in elk geval sy werkgewer se plig om hom vir sy dienste te betaal.
Helene, ek stem 100% saam met jou. Hoekom moet ons vir die joggies se salaris betaal. Dit is verseker die vulstasie eienaar se verantwoordelikheid. Geen tips meer van my af nie, dit is verseker.