Chileense skip “gestrand” in Valsbaai

ʼn Chileense vragskip is al vir sewe weke in Valsbaai gestrand terwyl ingenieurs poog om die enjins te herstel, het The Cape Times Woensdag berig.

Die Panos Earth is deur die SA Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) toestemming verleen om in die omgewingsensitiewe hawe te meer nadat sy glo enjinprobleme onderweg vanaf Venezuela na Sjina opgedoen het. Herstelwerk duur nou al so lank dat die rekeninge ophoop en krediteure bakhand staan om betaal te word. Die koste van ʼn Smit Amandla-sleepboot en sy bemanning beloop sowat R235 000 per dag. Samsa se streeksbestuurder, Dave Colly, het aan die dagblad gesê indien die eienaar nie die sleepboot en herwinningsmaatskappy kan betaal nie, sal Samsa die skip uit die hawe moet sleep en dit aan stropers se genade moet oorlaat.

“Verskeie krediteure wou reeds daarop beslag lê, maar in ʼn stadium sal Samsa moontlik teen die gereg moet ingaan. Om te kies tussen die gereg en ʼn probleem in Valsbaai, sal ek eerder kies dat daar geen probleem in die hawe is nie. Daar is tans geen direkte risiko nie, maar hoe langer die skip hier gemeer is, hoe groter word die risiko dat iets kan verkeerd loop, soos ʼn brand of besoedeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.