Vlakplaas-bevelvoerder Dirk Coetzee sterf

Dirk Coetzee, die destydse bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisie se Vlakplaas-eenheid, is oorlede.

EWN het Donderdag berig Coetzee het glo weens nierversaking gesterf ná ʼn lang stryd teen diabetes. Hy is Woensdag in ‘n hospitaal in Pretoria dood.

Coetzee was die medestigter van die geheimsinnige polisie-eenheid in Vlakplaas. Coetzee het in 1989 tydens ʼn onderhoud met die Vrye Weekblad die sluier oor dié eenheid gelig.

Hy het op 4 Augustus 1997 amnestie van die Waarheids- en Versoeningskommissie gekry nadat daar bevind is dat die eenheid verantwoordelik was vir ʼn aantal gru-dade teen anti-apartheidsaktiviste, waaronder Sizwe Khondile en Griffiths Mxenge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Tante Afrikana ·

Wonder nou net…as hy die eenheid gestig en beheer het, hoekom sit de Kock nog in die tronk ???

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.