Drie van die vier mans wat glo beplan het om hooggeplaastes tydens die ANC se Mangaung-konferensie uit te wis is Woensdag borgtog geweier.
Mark Trollip, John Keevy en Johan Prinsloo is borgtog geweier deur landros Mziwonke Hinxa. Volgens Hinxa het die mans nie buitengewone omstandighede aangevoer om op borgtog vrygelaat te word nie. Die vierde beskuldigde, Hein Boonzaaier, is borgtog van R80 000 toegestaan. Hinxa sê Trollip se beweerde bekentenis aan die polisie het teen hom en Keevy en Prinsloo getel aangesien hy hulle ook geïmpliseer het. Die saak is uitgestel tot 25 Maart vir verdere ondersoek. Die vier mans word aangekla van hoogverraad en sameswering om terreurverwante dade te pleeg.