Kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die ongeluk het omstreeks 23:00 op die Ottosdal- en Hartebeesfonteinpad plaasgevind.
Die vragmotor het in die rigting van Hartebeesfontein gery toe hy teen ʼn ander voertuig, wat sewe persone vervoer het, vasgery het. Die passasiers het glo ʼn sokkertoernooi by Hartebeesfontein bygewoon.
“Die vragmotorbestuurder was vermoedelik dronk. Sy voertuig het in die aankomende verkeer se baan beland waarna hy teen die ander voertuig gebots het,” het Makau gesê. “Die 28-jarige bestuurder van die ander voertuig is op die toneel dood verklaar. Ses passasiers is met ernstige beserings na die Ottosdal-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Die vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem op aanklagte van nalatige en roekelose bestuur. Hy moet Dinsdag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op verdere aanklagte van dronkbestuur en strafbare manslag.