E-tolstelsel: Regering gaan hofbevel appelleer

Hoewel Sanral nie die tydelike hofbevel teen die instelling van die e-tolstelsel gaan appelleer nie, gaan die regering wel.

“Die regering het vertroue in die e-tolstelsel en gaan die hofbevel appelleer,” het Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, Donderdag gesê.

Regter Bill Prinsloo het op 28 April in die hooggeregshof in Pretoria ’n hofbevel teen die inwerkingstelling van die e-tolstelsel toegestaan wat deur die Bondegenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) ingedien is. Die hofbevel verbied Sanral om tol op Gautengse paaie te hef alvorens die hele stelsel en besluite daaroor in ’n hersieningsverhoor ondersoek is.

Volgens Manyi het die regering eers Woensdag ʼn skriftelike kennisgewing van Prinsloo se hofuitspraak ontvang en is hul regspan tans besig om dit te bestudeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.