Eben doen dit weer!

Eben Etzebeth. (Foto: Christiaan Kotze/AFP)

Eben Etzebeth het Donderdag sy status as een van Suid-Afrika se heel bestes nóg onderstreep toe hy as SA Rugby (Saru) se speler van die jaar tydens ʼn glansgeleentheid in Johannesburg aangewys is.

Dit is die tweede jaar op ʼn streep dat dié eer die 32-jarige slot te beurt val.

“Eben was in die voorste linie van Suid-Afrika se veldtog om sy Wêreldbeker-titel suksesvol te verdedig. Hy was uitstekend ondersteun deur die res van die span, afrigters en bestuur wat ook erkenning verdien vir die rol wat hulle in ʼn ongelooflike seisoen vir Suid-Afrikaanse rugby gespeel het,” het Mark Alexander (president van Saru) gesê.

Nodeloos om te sê is die Springbokke as die span van die jaar aangewys, terwyl Jacques Nienaber die afrigter van die jaar is.

Hou Maroela Media gerus dop vir nog stories oor die toekenningsgeleentheid.

  • Van die aand se grootste toekennings:

Speler van die jaar: Eben Etzebeth

Vrouespeler van die jaar: Libbie Janse van Rensburg

Jong speler van die jaar: Canan Moodie

Sewesspeler van die jaar: Ricardo Duarttee

Junior Springbok van die jaar: Corné Beets

Span van die jaar: Springbokke

Afrigter van die jaar: Jacques Nienaber

Curriebekerspeler van die jaar (Premierafdeling): Ruan Pienaar

Curriebekerspeler van die jaar (Eerste afdeling): Cameron Hufke

Speler wat vir die ondstersteuners se gunstelingoomblik van die jaar gesorg het: Cheslin Kolbe

Provinsiale vrouespeler van die jaar: Libbie Janse van Rensburg

Skeidsregter van die jaar: Jaco Peyper

Ondersteuners se VRK-speler van die jaar: Manie Libbok

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

KB ·

Mens wonder maar net oor die res vd spelers…waar is Willie le Roux, Siya Kolisi, Bongi Mbonambi, ens.
Etsebeth is ʼn yster, maar ek wonder hoekom Malcolm Marx en Pieter Steph du Toit “misgekyk” word?

SjN ·

Knap gedaan Eben, gelukkig is daar ook nog n paar kandidate wat op meriete in die ry staan vir die status.

domheks ·

Eben Etzebeth vir kaptein! Eben Etzebeth vir kaptein! Eben Etzebeth vir kaptein! Eben Etzebeth vir kaptein!

Frank ·

Sjoe, dis moeilik om by ander wedstrydwenners soos Pollard, Pieter-steff ens verby te kyk.
Pollard het ons in die finaal ingeskop. As hy nie daar was nie…… moeilike ene.
Libbok kan in die toekoms ‘n groot speler word, net druk situasies en doelskopwerk beter hanteer. Sy rugby breins is reeds daar!

Andries ·

Ja Frank dis moeilik en klink so onregverdig,maar nou ja wie is ons.

Cassie Carstens ·

Geluk aan Eben Etsebeth, maar as ek vinnig dink, die eer kon netsowel PS du Toit, Handre Pollard of Deon Fourie (wat terloops ‘n reus was in die WB) gewees het. Wat die opkomende speler van die jaar betref, Canaan Moodie was laasjaar reeds daar, mens kan mos regtig nie 2 maal die beste opkomende speler wees nie – wat van sy vleuelmaat in die Bulle se span, hy het ook seker ‘n kans verdien. Nietemin, ons is trots op die manne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.