Een dood, talle beseer na skoolbus teen muur bots

Die foto is deur @HALO_Aviation op Twitter gelaai.

ʼn Vrou is dood en 19 mense, waaronder 18 skoolkinders, is beseer toe ʼn skoolbus teen ʼn veiligheidskompleks se muur gebots het in Krugersdorp in die Wes-Rand.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die busbestuurder het glo beheer verloor waarna die bus teen die veiligheidskompleks se muur gebots het. “Een vrou is dood terwyl nog ʼn passasier ernstig beseer is en per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die ander beseerdes het ligte tot meer ernstige beserings opgedoen en is ook na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.” Steinmann sê brandbestryders moes meganiese toerusting gebruik om die bestuurder uit die bus te bevry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.