Einde van Rassie se waterkaskenades

Rassie Erasmus. Foto: GB Jordaan.

Volgens Wêreldrugby kan Rassie Erasmus se dae langs die veld as waterjoggie getel wees.

Die internasionale rugbybeheerliggaam het ʼn omvattende proeflopie wêreldwyd goedgekeur wat die geleentheid vir nie-spelers om tydens ʼn wedstryd op die veld te gaan, beperk. Die proeflopie sal ná 1 Julie in werking tree en sal vir alle wedstryde, hetsy kompetisies of gewone wedstryde, geld.

Dit word alles gedoen in ’n poging om die vloei van die wedstryd te verbeter deur onnodige onderbrekings te beperk.

Op die hoogste vlak van die spel sal waterdraers slegs twee keer per helfte – en met die wedstrydbeamptes se toestemming – op die veld toegelaat word. Terselfdertyd mag mediese personeel net water verskaf aan die spelers wat hulle behandel.

Spanne word onder meer toegelaat om twee erkende waterdraers te hê, mits hulle nie die hoofafrigter of direkteur van rugby is nie.

Erasmus was juis verlede jaar in die spervuur omdat hy op die veld water vir spelers aangedra het.

Die Springbok-meesterbrein se waterkaskenades het ’n paar ondersteuners van die Britse en Ierse Leeus warm onder die kraag gehad. ’n Sarkastiese Warren Gatland (Leeus-hoofafrigter) het Erasmus onder meer aangeraai om net ’n waterbottel te onthou wanneer hy nader draf om die spelers se dors op die veld te les.

Sir Clive Woodward het ook geen ooghare daarvoor gehad nie.

“Wêreldrugby moet na sy intimiderende teenwoordigheid langs die veld kyk,” het die voormalige Engeland-afrigter in sy Daily Mail-rubriek geskryf.

Volgens die Engelsman kan Erasmus se wateraandra-pligte ’n invloed op ’n skeidsregter se vertoning hê.

“Hy is immers dieselfde tyd op die veld as hulle wanneer hulle belangrike besluite moet neem. Hy doen dit al sedert die wedstryd tussen die SA A-span en die Leeus en Wêreldrugby moes toe al sy stem dik gemaak het,” het Woodward gekla.

En hoe het Erasmus op die jongste nuus reageer?

“Ek het net gister met my bestuurder gesels en ons dink ‘direkteur van rugby’ klink hopeloos te formeel. Ons het saamgestem dat ‘direkteur van afrigting’ baie meer gepas is!” het die Suid-Afrikaner getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Clifford ·

Rassie het lankal al ‘n nuwe plan om die mense warm onder die kraag te kry. En as gevolg daarvan weer hope wedstryde vir die bokke te laat wen.

Manie ·

Rassie speel kat en muis met wêreldrugby en is veels te uitgeslape vir hulle. Hy besorg vir oupa Beaumont en Kie soveel slaaplose nagte dat hulle selfs wêreld rugby se reëls verander om hom te probeer in toom hou. Die vrot eier lê op hulle gesigte.

Anton ·

Jy weet jy is innoverend en suksesvol wanneer hulle die reels verander om jou planne te dwarsboom.
Volgende reel: Geen afrigters op die pawiljoen sé dak nie :-)

krodedil ·

Daar is ‘n groot verskil tussen innoverend en kommin.
Speel die game volgens die reels en wen.

Johan David ·

KRODEDIL jy is die laaste een wat die woord kommin moet gebruik………ek dink jy moet maar gaan bossies pluk in jou tuin terwyl ons mense wat rugby ken verder vir Rassie waardeer.

Manie ·

Ek dink eerder dat Rassie keelvol is oor die feit dat die bokke vir soveel jare aan die agterspeen moes suig, van administratiewe aangeleenthede tot skeidsregters. 99% van alle 50/50 beslissings sal teen die bokke gegee word. Daar was jare gelede berigte oor NZ en Aus wat ooreengekom het om 50/50 beslissings ten gunste van NZ en Aus spanne te gee, maar is woeps waps onder die tafel gevee.

Frank ·

Ou kroks, ons kan dalk baie dinge wees. Maar verraaiers soos jy, is ons nie.

Kobus ·

Hulle sê miks oor die dra van die Mediese sakkie nie, ook nie die skopkegel nie. Baie opsies vir hom

Jacobus ·

Voeg by dat skeidsregters die reëls moet magtig wees. Stop sommer ook spanpraatjie voor elke lynstaan!

Santie Gildenhuys ·

Hehe! Geniet die waterwoordspelings baie! Nou is daar ‘n waterskeidingmoment in hierdie aangeleentheid…

T ·

@krokedil…..die Suid Afrikaners wat die AB ondersteun is n verleentheid vir SA,nie Rassie nie.
Dit is al lankal tyd dat ons n uitgeslape afrigter moes kry,en ek staan bankvas agter Rassie en geniet sy “thinking out of the box”vreeslik baie! Ek kan nie dieselfde sê van Mallet,McIntosh en kie nie.
Gatland en Jones ook uitgeslape afrigters.

Andrew ·

Die aanhoudende ondersteuning van rasse qouta wette is n verleendheid

Willi ·

Moes hom al lankal weg gejaag het, om soos ‘n pappie langs die veld op en af te draf en die kinderjies te ontsenu. Kyk lankal nie meer die drek nie. All Blacks BO!

krodedil ·

Stem 100% saam Willi. Die All Black ondersteuners groei daagliks en die ou Bokkies is suur oor dit

Andrew ·

Ek stem. Soos met skole rugby as enige fluitjie blaas vir n stop dan hardloop daar vyftien std 6se met energades op die veld met nog n reserwe of ses wat kyk of daar nie dalk iemand is wat dalk wil af kom nie. Lyk soos n klomp narre by die bosveldwilkie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.