Foto’s: Hond mis nie ‘n kerkdiens nie

Tommy Foto: Nikonarte op Facebook

Nog ‘n foto volg onderaan die berig.

Sedert Tommy die hond se eienaar twee maande gelede in suidelike Italië gesterf het, het hy nog nie een kerkdiens gemis nie.

Die 12-jarige Duitse herdershond draf elke dag, sodra die Santa Maria Assunta-kerk se klokke lui, na die gebou en maak homself in die voorste ry langs die kansel gemaklik, berig Il Messagero in Italië. Sy eienaar, wat as Maria tu lu campu (Maria van die velde) bekendgestaan het, het alleen saam met Tommy en drie ander honde, wat sy gered het, gebly. Die honde het haar getrou oral gevolg waar sy gegaan het en die honde is nou deur die hele gemeenskap aangeneem.

Nadat Tommy sy eienaar se kis op die dag van haar begrafnis tot voor in die kerk gevolg het, het hy daagliks teruggekeer, en sit hy doodstil deur die dienste, dope en begrafnisse.

Tommy Foto: Nikonarte, Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wincor Roesch ·

Hi daar, ek wil graag weet of daar miskien ‘n opvolg artikel van julle kan kom oor die moord op Christa Ross in Kleinmond op 31Augustus 2012.
Baie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.